Wednesday, July 6, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Wilgervier palm nog ‘n trofee in

By Hannes Nienaber , in News , at 11 February 2013 Tags: , , , , , , , , ,

DIE Hoërskool Wilgerivier van Frankfort het sy rugbyseisoen afgeskop op dieselfde wyse waarop hy  hom verlede jaar afgesluit het.

Die kampioen van verlede jaar se Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) het Saterdag koning gekraai in ’n sewestoernooi wat vanjaar vir die eerste keer deur hulle aangebied is.

Agt spanne het aan die toernooi deelgeneem en slegs Wilgerivier het die dag onoorwonne afgesluit.
Die gasheer het boonop slegs een drie in sy sewe wedstryde afgestaan. Hy het dié drie in sy oorwinning van 40-7 oor HTS Sasolburg (Brand-span) afgestaan. Die kampioen het ook Witteberg (24-0), Drie Riviere (47-0), HTS Sasolburg (38-0, Steyn-span), Afrikaans Hoër Sasolburg (28-0) en sy naasbestes (33-0) op pad na die titel uit die pad gevee.

Die gasheer het dus 210 punte aangeteken en slegs sewe afgestaan. Hy het 32 drieë in sy sewe wedstryde gedruk.

AHS Sasolburg het die tweede plek verdien deur slegs teen Wilgerivier die knie te buig. Witteberg van Bethlehem het derde geëindig ná nederlae teen Wilgerivier en AHS Sasolburg.

Die volledige uitslae:

Wilgerivier 38 HTS Sasolburg (Steyn) 0; HTS Sasolburg (Brand) 19 HTS Sasolburg (Steyn) 7; AHS Sasolburg 19 HTS Sasolburg (Brand) 7; Wilgerivier 28 AHS Sasolburg 0; Witteberg 26 Drie Riviere 0; AHS Sasolburg 14 Wilgerivier II 7; Wilgerivier II 15 Drie Riviere 0; Witteberg 33 HTS Sasolburg (Brand) 10; HTS Sasolburg (Brand) 15 Drie Riviere 0; AHS Sasolburg 36 HTS Sasolburg (Steyn) 0; Wilgerivier II 35 HTS Sasolburg 5; Witteberg 59 HTS Sasolburg (Steyn) 0; Wilgerivier 33 Wilgerivier II 0; AHS Sasolburg 21 Witteberg 14; Wilgerivier 47 Drie Riviere 0; Wilgerivier 40 HTS Sasolburg (Brand) 7; Wilgerivier 24 Witteberg 0; Drie Riviere 14 HTS Sasolburg (Steyn) 7; AHS Sasolburg 43 Drie Riviere 5; Wilgerivier II 38 HTS Sasolburg (Brand) 7; Witteberg 36 Wilgerivier II 0.

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!