Saturday, June 25, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Voortrekker en Henties in groot stryd vandag

By Hannes Nienaber , in News , at 25 April 2013 Tags: , , , , , , , , ,

In Bethlehem sal twee van die vroeë gunstelinge om die Griffons se skolekroon, Voortrekker en Hentie Cilliers van Virginia, mekaar die stryd aansê. Henties is die kampioen, terwyl net die Trekkers se spelers van 2012 sal weet hoekom hulle nie dié eindstryd gehaal het nie. 

Die Trekkers se Cravenweek-heelagter, Sechaba Matsoele sal weer die laaste vesting beman na hy verlede week se wedstryd teen Goudveld misgeloop het. AJ van Wyk, seun van die legendariese Oos-Vrystaatse losskakel Japie van Wyk, het Matsoele se plek teen Gouties gevul. Van Wyk skuif na die plaasvervangersbank. Die tuisspan se senter, Wian van der Watt sit ook langs die kantlyn met ‘n besering. Junior Smit sal op buitesenter opdraf, terwyl Boeta Vermaak van buitesenter na binnesenter skuif. 

Die Griffons se ligawedstryde sou Saterdag beslis geword het, maar weens swaar reen is die wedstryde tot vandag uitgestel. Rooiskool se kragmeting teen Welkom Gimnasium behoort ook heelwat belangstelling te ontlok. Gimmies sal Rooiskool se senter Kobus Kleyn en vleuel Nico Potgieter agterlangs moet hokslaan indien hulle as oorwinnaars van die veld wil stap. 

Die spanne is: 

AHS Kroonstad t. Welkom Gimnasium: 

AHS Kroonstad: 15 Jeandre Uys, 14 Nico Potgieter, 13 Corne Schutte, 12 Kobus Kleyn, 11 John Potgieter, 10 Robbie Petzer, 9 Aldert van Wyngaardt, 8 JP Kalp, 7 Francois Stemmet, 6 Henry Searle, 5 Stefan Oelofse, 4 TP Kleynhans (kaptein), 3 Rall Naude, 2 Stephan O’Donovan, 1 David Rule.

Welkom Gimnasium: Not available. 

Goudveld vs. Witteberg:

Goudveld: 15 Eric Herbert, 14 Edward Reynierse, 13 Neville van der Merwe, 12 Shaun Reynolds (kaptein), 11 Hendré van Dyk, 10 Pieter Theunissen, 9 Jaco Louw, 8 Andy Jones, 7 Michael Herbert, 6 Malcolm Brits, 5 Pietman Kotze, 4 Heinrich de Klerk, 3 JC Cloete, 2 Willie Baartman, 1 Gerhard Fourie.

Witteberg: 15 Wiaan Pittendrich, 14 JC van Biljon, 13 Donavin Lourens (kaptein), 12 Gerhard van Huysteen, 11 Stephan Maree, 10 Gerhard Nel, 9 Reinhardt Chapman, 8 Aristeo Desiderio, 7 Christiaan de Jongh, 6 Ludwig Swarts, 5 FP Pelser, 4 Jan-Hendrik de Kock, 3 Lambert Rautenbach, 2 George Steyn, 1 Lourens Sarakis.

Kroonstad HS vs. HTS Welkom: 

Kroonstad HS: 15 PR Janse van Rensburg, 14 Ruan Human, 13 PD Marais, 12 Neels van Schalkwyk, 11 Thinus van Schalkwyk, 10 Gerbrand de Bruin, 9 Anton Steyn, 8 Jan-Louis du Plessis, 7 Erlo Kleinhans, 6 Jason Engelbrecht, 5 Elvin Westraadt, 4 JC le Grange, 3 Paul Horn, 2 Wimpie Smith, 1 Roux Wessels.

HTS Welkom: 15 Kobus Jordaan, 14 Thato Rakoata, 13 Frederik Kruger, 12 Kevin van Zyl, 11 Jaco Jooste, 10 Teboho Lesholi, 9 Bongani Fihla, 8 Katleho Tshangela, 7 Xolisile Sensexi, 6 Erik van Heerden, 5 Thabiso Mothae, 4 Arno de Blom, 3 Kelebogile Madikgetla, 2 Innocent Valashiya, 1 Shane Grobler. 

Voortrekker vs. Hentie Cilliers: 

Voortrekker: 15 Sehaba Matsoele, 14 Tiisetso Madonsela, 13 Junior Smit, 12 Boeta Vermaak, 11 Lethole Mokoena, 10 Tokkie van Zyl, 9 Eloff Scheepers, 8 Robert de Jongh, 7 Seeff Theron, 6 André Janse van Rensburg (kaptein), 5 Frederik Marais, 4 Henko Naudé, 3 Elandré Palm, 2 Christo van Zyl, 1 Ernie Sumner.

Hentie Cilliers: 15 Jameel Afrika, 14 Jaco Conradie, 13 Charlton Coeries, 12 Riaan Pretorius, 11 Jonathan April, 10 Sylvester Lewis, 9 Ethan Williams, 8 Gregan Hull, 7 Anwar Ohlsen, 6 Damian May, 5 Brandon Kuzatjike, 4 Jade Solomons, 3 Justin Williams, 2 Cheslyn van Rayner, 1 Kyle Ess.

 

Comments


Leave a Reply


Your email address will not be published.

error: Content is protected !!