Sunday, July 3, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


VKB-week in Reitz skop vandag af

By Hannes Nienaber , in News , at 24 June 2013 Tags: , , , , , , , , ,

DIE VKB-rugbyweek skop vandag hier af met die gasheer die Oos-Vrystaat en Lynx-Noord wat mekaar in die hoofwedstryd die stryd aansê. Die gasheer is saam met Suid-Vrystaat en die Vrystaat Kiewiete die vroeë gunstelinge om uiteindelik as kampioen gekroon te word.
Die eindstryd van die week word Donderdag hier in die Riemland beslis. Die Kiewiete en Suid-Vrystaat het verlede jaar die louere in die eindstryd gedeel. Die GWK XV-tal was die enigste span wat verlede jaar in al drie sy wedstryde aan die wenkant was. Die span sal egter nie vanjaar weer in aksie wees nie.
Die Colt-span van Griekwas ka nook dalk ?n sterk aanspraakmaker wees. Die span se losskakel, Guillermo Minnie het verlede jaar die Vrystaat op die Cravenweek in Port Elizabeth verteenwoordig. Hy is egter Griekwas se keurders oor die hoof gesien en sal ?n punt hê om te bewys hier.
Dié week het al heelwat provinsiale spelers opgelewer. Dougie Hellmuth, Elandré Hugget, Gert Greyling en wyle Nardus ?Pompies? Wessels is van die provinsiale spelers wat al hulle tande op die Reitz-week geslyp het. Die Springbok-losvoorspelers Juan Smith (Vrystaat Kiewiete – 1999) en Deon Stegmann (Vrystaat Arende – 2003) het ook al met hulle spel op dié week beindruk.
Daar word vanjaar weer na afloop van die week ?n span bekend gemaak wat oorsee sal toer. Die span word alom as die Suid-Afrikaanse platteland-span gereken. Die span sal later vanjaar na Frankryk ?n toer onderneem.
Die twee spanne van Gauteng, Lynx-Noord en Lynx-Suid, is ook altyd spanne om mee rekening te hou.
Die Oos-Vrystaat kon nog nooit daarin slaag om die toernooi te wen nie. Die span verloor egter die laaste paar jaar heelwat spelers wat aan die Akademie-week vir die Griffons se plattelandse akademie-span speel. Die Kiewiete beskik oor ?n gevaarlike agterhoede wat heelwat spanne met hulle vaart moeilikheid behoort te besorg.
Die vorige kampioene van die VKB-week:
1998 ? Noordelike Provinsie; 1999 ? Lammergeiers; 2000 ? Luiperds Platteland; 2001 ? Mpumalanga; 2002 ? Pumas en Luiperds Platteland; 2003 ? Luiperds Platteland; 2004 ? Vrystaat Arende; 2005-2006 ? Diamantstreek; 2007-2008 ? Vrystaat Kiewiete; 2009 ? Lammergeiers; 2010 ? Vrystaat Kiewiete; 2011 ? Lynx-Noord en GWK XV-tal; 2012 ? Vrystaat Kiewiete en Suid-Vrystaat.
Vandag se bepalings:
09:00 ? Sandveld t. Cobras; 10:20 ? Lynx-Suid t. Luiperds Platteland; 11:40 ? Colts t. Valke; 13:00 ? Vrystaat Kiewiete t. Suid-Natal; 14:20 ? Suid-Vrystaat t. Noord-Natal; 15:40 ? Oos-Vrystaat t. Lynx-Noord.

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!