Virsekerbeker se Beker-kompetisie se bepalings vir 2021 bekend
Die kampioen van die Virsekerbeker se Beker-afdeling, die Hoërskool Menlopark, sal sy aanslag om sy titel te verdedig op sy tuisveld teen Waterkloof op 15 Mei 2021 afskop.
Die halfeindronde van die kompetisie sal op 21 Augustus plaasvind, terwyl die eindstryd ‘n week later op 28 Augustus beslis sal word. Menlopark het in 2019 vir Helpmekaar met 44-17 in die eindstryd in Alberton verslaan.
Die Virsekerbeker se 100ste bestaansjaar se vieringe is in 2020 deur die Coronavirus-pandemie in die wiele gery. Daar kon weens die staat van inperking in Suid-Afrika geen wedstryde in die kompetisie in 2020 gespeel word nie.
Die Noordvaal Skolerugby-vereniging (NVSRV) se bestuur onder leiding van Dr. Jorrie Jordaan van die Hoërskool Alberton het die bepalings vir 2021 se reeks uitgereik. Die bepalings is wel onderhewig aan ‘n aankondiging van die Departement van Basiese Onderwys om toe te laat dat skole teen mekaar kan deelneem vanaf 15 April 2021.
Die nuweling, Marais Viljoen van Alberton, sal in sy eerste wedstryd nie te vêr reis om Helpmekaar-kollege in Johannesburg die stryd te gaan aansê. Vanjaar sal ook dit die eerste keer in ‘n geruime tyd wees wat Monument en Marais Viljoen se paaie op ‘n rugbyveld sal kruis.
Die ander Groot Honde wat om die Virsekerbeen gaan baklei is Monument, Garsfontein, Noordheuwel, HTS Middelburg, EG Jansen, Waterkloof en Helpmekaar-kollege.
Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld):
8 Mei 2021
Monument vs Waterkloof
HTS Middelburg vs Garsfontein
Noordheuwel vs EG Jansen
Helpmekaar vs Marais Viljoen
15 Mei 2021
Monument vs Garsfontein
Menlopark vs Waterkloof
Noordheuwel vs Marais Viljoen
Helpmekaar vs EG Jansen
22 Mei 2021
HTS Middelburg vs Monument
Garsfontein vs Menlopark
Noordheuwel vs Helpmekaar
29 Mei 2021
Helpmekaar vs Monument
Menlopark vs Noordheuwel
EG Jansen vs HTS Middelburg
Marais Viljoen vs Garsfontein
5 Junie 2021
Marais Viljoen vs Waterkloof
Garsfontein vs EG Jansen
Noordheuwel vs HTS Middelburg
Monument vs Menlopark
12 Junie 2021
Marais Viljoen vs Monument
Waterkloof vs Helpmekaar
Garsfontein vs Noordheuwel
Menlopark vs EG Jansen
19 Junie 2021
EG Jansen vs Waterkloof
Helpmekaar vs HTS Middelburg
25 Junie 2021
Menlopark vs Helpmekaar
26 Junie 2021
Waterkloof vs HTS Middelburg
3 Julie 2021
HTS Middelburg vs Marais Viljoen
Waterkloof vs Garsfontein
31 Julie 2021
Garsfontein vs Helpmekaar
EG Jansen vs Monument
Waterkloof vs Noordheuwel
Marais Viljoen vs Menlopark
14 Augustus 2021
Monument vs Noordheuwel
HTS Middelburg vs Menlopark
EG Jansen vs Marais Viljoen
[powr-comments id=”3568c22d_1616480435115″]
Comments