Saturday, August 13, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Van Cravenweek-ster tot fluitjieblaser in die hoofwedstryd

By Hannes Nienaber , in News , at 9 July 2022

Dit het Hanru van Rooyen presies vyf jaar geneem om homself weer terug te vind op die grootste verhoog van skolerugby ter wereld.

Van Rooyen sal Saterdag op 23-jarige ouderdom die hoofwedstryd van die 57ste Cravenweek vir hoerskole hanteer.

“Ek het dit glad nie verwag nie, ek het die toernooi ingekom met sekere doelwitte wat ek wou bereik en tot dusver voel ek ek het myself goed van my taak gekwyt en die doelwitte bereik so dit is n special feeling om in beheer te wees van die hoofwedstryd,” het Van Rooyen gese.

Van Rooyen het vyf jaar gelede die Luiperds op die einste toernooi as ‘n losskakel in Johannesburg verteenwoordig.

Die oud-leerling van Potchefstroom Volkskool het tydens die toernooi van 2017 ‘n allemintige 70 punte in sy span se drie wedstryde aangeteken.

Dit is slegs twee punte minder as die rekord vir die toernooi wat die vorige jaar deur Griekwas se Cameron Hufke in Durban aangeteken is.

Sy 70 punte in 2017 was ook dan die meeste deur ‘n speler tydens die toernooi wat by St. Stithian’s College in Johannesburg aangebied is.

Die vorige skeidsregter van die Luiperds wat in die hoofwedstryd geblaas het, was Oregopotse Rametsi vir wie die eer in 2014 te beurt geval het.

Van Rooyen het verlede jaar op 22-jarige ouderdom die jongste skeidsregter ooit geword om die eindstryd van die gesogte Neser-beker (klubrugby) in die Noordwes te hanteer.

Van Rooyen het in Graad 9 (2014) sy eerste tree tot skeidsregterskap gegee. Sy pa, Henry van Rooyen, was ‘n afrigter by Potch Dorp saam met André Pretorius en Anton Mostert.

“Ek het altyd as daar klubwedstryde was en ‘n vlagman gekort het uitgehelp en toe het my pa gevra hoekom probeer ek nie dit nie uit om ‘n skeidsregter te word nie,” het Van Rooyen gese.

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!