Sunday, July 3, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Trekkers troef Henties in Bethlehem

By Hannes Nienaber , in News , at 26 April 2013 Tags: , , , , , , , , ,

Voortrekker van Bethlehem is na ‘n wipplankstryd teen die verdedigende kampioen, Hentie Cilliers van Virginia die vroee gunsteling in die Griffon-liga. Die span van Bethlehem het die kragmeting 28-21 op sy tuisveld gewen. Die besoekers het teen die omdraaislag 14-11 voorgeloop.

Uitblinkers by Voortrekker was eintlik die hele span maar  sy kaptein en oopkant flank, André (Smurf) Janse van Vuuren verdien spesiale vermelding. Hy was briljant by die afbreekpunte en het heelwat omgekeerde balbesit gewen. Verder het hy telkemale die bal meters ver gedra. Hy is goed ondersteun deur sy pak voorspelers en die stut Ernie Sumner se spelpeil is ook weer van hoogstaande gehalte. Agterlangs het  die heelagter, Sechaba Matsoele weer gewys waarom hy die Griffons 15-trui gedra het. Die binnesenter Boeta Vermaak en skrumskakel Elof Scheepers was ook baie goed en albei het puik drieë gedruk. 

Witteberg van Bethlehem het ‘n bonuspunt-sege van 31-26 oor Goudveld behaal. Die span se slotpaar, Jan-Hendrik de Kock en FP Pelser was aan die spits van die sege met hulle kragtige spel. Agterlangs het die heelagter Wian Pittendrich en senter Donavin Lourens uitgeblink. 

Die Afrikaanse Hoerskool Kroonstad het met ‘n oorwinning van 18-13 oor Welkom Gimnasium sy kanse om die halfeindstryd van die kompetisie te haal vergroot. Rooiskool het rustyd 15-13 voorgeloop en ‘n strafdoel deur sy heelagter, Jeandre Uys was die enigste punte in die tweede helfte van die wedstryd. Vir die wenspan het sy kaptein en slot TP Kleynhans, haker Stephen O’Donovan en kantman Francois Stemmet uitstaande spel gelewer. 

Vir Gimmies het sy skrumskakel Kerr Till sy goeie spelpeil agter die oond voortgesit. Die span slot, Retief Marais het menigte van Rooiskool se lynstaanbesit afgevat en ook op die dekverdediging uitgestaan. Ander uitblinkers was die haker Brummer Marais, senter Louwrens Koekemoer en flank Albert Brummer. 

Puntemakers:

Voortrekker 28 (11) – Driee: Andre Janse van Vuuren, Elof Scheepers, Boeta Vermaak. Doelskoppe: Tokkie van Zyl (2). Strafdoele: Van Zyl (3). Hentie Cilliers 21 (14) – Driee: 

HTS Welkom 22 – Driee: Bongani Fihla (2), Teboho Lesholi, Erik van Heerden. Doelskop: Lesholi. Hoerskool Kroonstad 3 – Strafdoel: 

Witteberg 31 (24) – Driee: Stefan Maree, Jan-Hendrik de Kock, Donavin Lourens, Wian Pittendrich, Ludwig Swarts. Doelskoppe: Gerhard Nel (3). Goudveld-Hoerskool 26 (11) – Driee: 

AHS Kroonstad 18 (15) – Drie: JP Kalp, Francois Stemmet, David Rule. Strafdoel: Jeandre Uys. Welkom Gimnasium 13 (13) – Driee: Oswaldo Swarts, Winston Lefume. Strafdoel: Kerr Till. 

 

 

 

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!