Saturday, June 25, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Steyners kampioen van die Bultfontein-sewes

By Hannes Nienaber , in News , at 24 February 2014

PRESIDENT STEYN se rugbyspan het sy titel as kampioen van die Bultfontein sewes-toernooi suksesvol verdedig. Die span van Bainsvlei net buitekant Bloemfontein het die gasheer Hoërskool Bultfontein 28-10 in die eindstryd verslaan. Die Steyners het verlede jaar vir Bothaville 14-10 in die eindstryd uitoorlê.

Die Steyners het sy groepwedstryde op ‘n drafstap gewen. Hulle het St. Dominic-kollege van Welkom (48-0), Welkom Sekondêr (33-0) en Hoopstad (36-7) kafgedraf. Die Steyners het toe teen hulle tweede span in die halfeindstryd te staan gekom en gemaklik 44-0 as oorwinnaars van die veld gestap.

Die gasheer het Steyners se tweede span 28-10 en Salomon Senekal van Viljoenskroon 33-0 in sy twee oorwinnings in sy groepwedstryde geklop. Die span se kragmeting teen Hennenman het 7-elk gelykop geëindig.

Bultfontein was in die ander halfeindstryd te sterk vir Hoopstad en het 36-0 koning gekraai.

Die Steyners se staatmakers in die toernooi was Lee-hane Ontong, Abraham Mkuku, Kobus van Tonder en Craigan Floris. Vir Bultfontein verdien Erik Helm, Arno Taljaard en GJ van Eeden hulle voorste spelers.
Theunissen het met ‘n oorwinning van 14-10 oor Hennenman verhoed dat laasgenoemde tot die halfeindstryd deurdring. Hennenman het vroeër die dag ‘n kragmeting teen Theunissen 28-24 gewen.

Theunissen het in sy ander twee wedstryde teen President Steyn se tweede span 12-19 vasgeval en was teen Salomon Senekal 28-7 aan die wenkant. Teen die Steyners het die span van die Sandveld op ‘n stadium 12-0 voorgeloop. Die Steyners se tweede span het in sy ander wedstryd vir Salomon Senekal 40-0 verslaan.

Hoërskool Vrede se eerste rugbyspan het op die 49ste jaarlikse sportdag wat deur die Hoërskool Sarel Cilliers op Glencoe aangebied word vir Empangeni met 24-10 geklop. Die span se senter, JS de Villiers het twee keer agter die KwaZulu-Natallers se doellyn gaan kuier. Hy was ook dan een van sy span se uitblinkers. Die speler van die wedstryd was die wenspan se agtsteman, Michael Podgess. Vrede se volgende wedstryd is op 6 Maart teen Morgenzon Landbou.

Puntemakers:

Vrede 24 (14) – Drieë: JS de Villiers (2), Juanovive Pienaar, JP Burger. Doelskoppe: Johan Loock (2). Empangeni 10 (0).

Comments


Leave a Reply


Your email address will not be published.

error: Content is protected !!