Saturday, June 25, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Ses gewese VS-skolesenters in twee SuperRugby-stryd

By Hannes Nienaber , in News , at 15 February 2014

VYF van die agt rugbyspelers wat vandag in die eerste ronde van die SuperRugby-reeks die middelveld vir hulle onderskeie spanne sal beman het hul skoolloopbane in Bloemfontein voltooi.

Vier van die senters is produkte van die Springbok-fabriek, Grey-kollege. Twee voormalige leerlinge van Grey, Frans Steyn (2005) en Paul Jordaan (2010) sal vir die Sharks teen die Bulls in Durban op senter uitdraf. Nog ‘n Grey-man Francois Venter (2009) sal sy buiging vir die Cheetahs in Bloemfontein teen die Lions maak. Hy het egter al vir die Bulls in die kompetisie gespeel. Jan Serfontein (2011) sal teen Steyn en Jordaan vir die Bulls sy man staan. Serfontein en Jordaan het saam in 2010 vir Grey se eerstespan gespeel.

Die ander senter van die Rosestad is die Lions se Lionel Mapoe wat in 2007 aan Hoërskool Fichardtpark gematrikuleer het. Mapoe het in 2006 die Vrystaat op die Cravenweek verteenwoordig. Die ander dries enters wat in dié twee SuperRugby-wedstryde in dié beginspanne sal uitdraf is Stefan Watermeyer (Waterkloof) vir die Leeus, Johan Sadie (Paarl Gimnasium) vir die Cheetahs en JJ Engelbrecht (Grey PE) vir die Bulls. Nog ‘n oud-Grey, Alwyn Hollenbach sit op die plaasvervangersbank vir die Leeus. Hy word ook meestal in die middelveld ingespan.

Grey het tussen 2007 en 2011 nie minder as sewe Suid-Afrikaanse Skole-senters opgelewer nie. Die sewetal is Robert Ebersohn (2007), Francois Venter (2008), Piet Lindeque (2009), William Small-Smith, Paul Jordaan (albei 2010), Jan Serfontein en Dries Swanepoel (albei 2011). “Ek dink nie daar is ‘n spesifieke rede hoekom ons soveel talentvolle senters oplewer nie. Baie talentvolle spelers kom na Grey toe en dan ontwikkel ons hulle verder. Ek dink tog die spelers wat voor hulle in die eerstespan se trui gespeel het inspireer ook die spelers. Die Springbokke se name is by elke posisie se sitplek in die kleedkamer en ek glo dit inspireer die spelers,” het Dries van der Wal, rugbyhoof van Grey, gesê. Grey se Springbok-senter tot dusver is Louis Babrow, Helgard Muller, Heinrich Fuls, Pieter Muller, Andries Strauss, Steyn en Serftontein.

‘n Verdere 17 spelers sal in dié eerste ronde hulle eerste proesel van SuperRugby kry. Vir die Leeus sal Willie Britz (Diamantveld) en Schalk van der Merwe (Grey) uit die sentrale streek hulle buigings in die reeks maak.

Comments


Leave a Reply


Your email address will not be published.

error: Content is protected !!