Friday, August 19, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


School of Rugby se SA Skole-span vir 2022

By Hannes Nienaber , in News , at 7 July 2022 Tags: ,

NewsG Boishaai skolerugbyKAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse Skole-span asook ‘n SA Skole A-span (naasbestes) word vanjaar reeds op die afdag tydens die 57ste Cravenweek vir hoërskole hier aangekondig.

Dié rede hoekom die twee nasionale skolespanne vanjaar so vroeg bekend gemaak word, is omdat die spelers in die Moederstad sal agterbly om op Saterdag, 16 Julie teen mekaar kragte te meet.

Die twee nasionale skolespanne sal ook in Augustus  op die 19de, 23ste en 27ste in ‘n internasionale reeks sake teen onderskeidelik Engeland en Frankryk uitspook. Albei die spanne sal uit ‘n groep van 26 spelers elk bestaan.

Soos gewoonlik kies School of Rugby vanjaar ook weer ‘n span voor die SA Skole-keurders se span bekend gemaak word. Ons het meestal speler beoordeel op hul vertonings tydens die week. Die nasionale keurders hou egter die spelers al van die begin van die seisoen af dop.

Die keurders sal dalk wel in hul span vir Caleb Abrahams, skrumskakel van Grey-kollege en die Vrystaat, plek kry, maar dit sal wees weens sy vertonings vroeër vanjaar vir sy skoolspan wees, eerder as sy vertonings tot dusver op die Cravenweek.

Ons keuse vir ons twee skrumskakels in die groep het geval op Steven Nel (Blou Bulle) en Emrique Liedeman (Westelike Provinsie). Die Ligbloues en die Streeptruie sal Saterdag mekaar in die hoofwedstryd van die week pak.

Ons het ook vir Patrick Kitete, slot van die Suidwestelike Distrikte, in ons span ingesluit. Hy kan dalk nie vir die span oorweeg word nie omdat hy ‘n burger van die Demokratiese Republiek van die Kongo is.

Die buitsenter, Jurenzo Julius, is wel ook ‘n Namibiese burger. Daar is egter al voorheen burgers van Namibië in die SA Skole-span ingesluit.

Die keurders behoort ook nie probleme vanjaar te ondervind om aan die vereistes van SA Rugby se Strategiese Transformasie-plan te voldoen nie. Die spelers van kleur wat op vanjaar se toernooi in aksie is, haal met gemak die span op meriete.

School of Rugby se SA Skole-span: 

15 Philasande Ntshapela (Hoërskool Middelburg, Pumas), 14 Alfondso Isaacs (Grey-kollege, Vrystaat), 13 Shah-Jehaan de Jongh (HJS Paarl, WP), 12 Dwight Pietersen (Durban High School, Sharks), 11 Joel Leotlela (St. John’s College, Leeus), 10 Stehan Heymans (Affies, Blou Bulle), 9 Steven Nel (Garsfontein, Blou Bulle), 8 Sibabalwe Mahashe (Hudson Park, Grens), 7 Thabang Mphafi (King Edward VII, Goue Leeus), 6 Tiaan Jacobs (Selborne College, Grens), 5 JF van Heerden (Grey-kollege, Vrystaat), 4 Patrick Kitete (Outeniqua, SWD), 3 Zachary Porthen (Wynberg Boys’ High, WP), 2 Luca Bakkes (Paarl Gimnasium, WP), 1 Ruan Swart (Outeniqua, SWD). Plaasvervangers: Armand Combrinck (Oakdale Landbou, SWD), Sifiso Magwaza (Monument, Leeus), Kaleb Kriek (Trio, Griffons), Jack Waterhouse (Sharks), Lukas Meyer (Grey-kollege, Vrystaat), Emrique Liedeman (Paarl Gimnasium, WP), Thurlon Williams (HJS Paarl, WP), Lihle Bester (Maritzburg College, Sharks), Jurenzo Julius (Paul Roos Gimnasium, WP XV), Jandre Genis (Boland Landbou, WP XV).

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!