Sunday, July 3, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Saints vier 150ste bestaansjaar met toernooi

By Hannes Nienaber , in News , at 1 July 2013 Tags: , , , , , , , , ,

Die Rosestad kan hom regmaak vir die grootste rugbytoernooi wat vanjaar hier aangebied word, berig Hannes Nienaber.

St. Andrew is van 5 tot 8 Julie gasheer vir die tweejaarlikse privaatskole-toernooi. Dié toernooi is verlede jaar deur Penryn-kollege in Nelspruit aangebied. Saints het egter besluit om die toernooi vanjaar saam met hul 150ste bestaansjaar-vieringe aan te bied.

Die gasheer het ook vir Hoërskool Sentraal as gas na die toernooi genooi. Tralies sal nou wel sonder hulle Vrystaatse Akademie-week spelers wees, maar in die gees van die week wat oor die spel gaan sal dit gepas wees.

Saints kom teen Clifton, St. Charles-kollege en St. Stithian-kollege in sy drie wedstryd op die fees te staan. Die wedstryd teen St. Charles-kollege van Durban sal die hoofwedstryd op die Hickling A-veld op Saterdag, 6 Julie wees.

Die Tralies kom teen St. Benedict-kollege van Johannesburg, St. Stithian-kollege en Michaelhouse in sy drie kragmetings te staan. Veral die kragmeting teen Michaelhouse behoort een van die hoogtepunte van die fees te wees.

Dit is jammer dat Grey-kollege ‘n uitnodiging van die hand gewys het. Saints en Grey het mekaar in die eerste rugbywedstryd ooit in die Vrystaat gepak en dit sou gepas gewees het as die land se voorste skool ?n span na die toernooi kon stuur. Grey is egter sonder meeste van sy spelers wat in die Cravenweek- en Akademieweek-spanne van die Vrystaat in hierdie tyd is wat ook gedurende hierdie tydperk in aksie is. Hulle sou dus met ?n derde span aan die toernooi moes deelneem.

Michaelhouse, St. John-kollege, St. Stithian-kollege en St. Alban-kollege is van die beste spanne wat op die toernooi in aksie sal wees.

St. Andrew se eerste rugbywedstryd was in 1882 teen Grey-kollege. Dit is ook dan nie vreemd dat die twee spanne in ?n hewige tweestryd in die vroee jare van die vorige eeu op die rugbyveld gewikkel was nie. Grey was 3-0 in die kragmeting baas. Die wedstryd is onder die Winchester-reels gespeel wat bepaal het dat ?n span uit tien voorspelers, twee doele (vervyfde driee), vier driekwarte en ‘n goal moet bestaan.

Saints het in 1918 sy eerste oorwinning oor Grey-kollege behaal toe 8-6 as oorwinnaars van die veld gestap het. Interresant is die feit dat St. Andrew se skoolhoof, Oubaas Storey in die span was wat Grey geklop het. Storey was van 1917 tot 1946 Saints se skoolhoof. Hy was ook dan as skoolhoof kaptein van die eerstespan en was ?n voorspeler.

Die toernooi se bepalings:

Vrydag, 5 Julie: A-veld: 09:00: Michaelhouse t. St. David-kollege; 11:00: St. Andrew t. Clifton; 13:00: St. Stithian-kollege t. St. Charles-kollege; 15:00: Sentraal t. St. Benedict-kollege. B-veld: 09:30: Upland-kollege t. St. John-kollege; 11:30: St. Alban-kollege t. Thomas More; 13:30: Penryn t. Somerset.

Saterdag, 6 Julie: A-veld: 08:00: Thomas More t. Clifton; 09:30: Somerset t. St. Alban-kollege; 11:00: Michaelhouse t. St. Benedict-kollege; 12:30: St. Andrew t. St. Charles-kollege. B-veld: 09:30: Sentraal t. St. Stithian-kollege; 11:00: Penryn-kollege t. St. John-kollege; 12:30: St. David-kollege t. Upland-kollege.

Maandag, 8 Julie: A-veld: 08:00: Uplands-kollege t. St. David-kollege; 09:30: St. Andrew t. St. Stithian-kollege; 11:00: St. Charles-kollege t. St. John-kollege; 12:30: Penryn-kollege t. Thomas More. B-veld: 08:00: Sentraal t. Michaelhouse; 09:30: Clifton t. St. Alban-kollege; 11:00: Somerset t. St. David-kollege.

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!