Wednesday, August 10, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Results – Kwagga Week 2022 – Day 1

By Hannes Nienaber , in News , at 27 March 2022 Tags: , , , , , , , , ,

NewsG Kwaggaweek Skolerugby OuteniquaDie Hoër Jongenskool Paarl het sy Kwagga-week (vir o.14-spanne) in George met ‘n klinkende sege van 33-0 oor die Hoërskool Menlopark van Pretoria afgeskop. Die ander span vanuit die Paarl in aksie op die week, Paarl Gimnasium, het vir Monument van Krugersdorp in hul tweestryd met 20-12 uitoorlê. 

Boishaai kom Maandag in sy tweede wedstryd van die week teen Helpmekaar-kollege van Johannesburg te staan. Helpmekaar-kollege sal baie tevrede met hul oorwinning van 14-12 oor Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch voel. 

Gimmies sal in sy tweede wedstryd teen Menlopark kragte meet. 

Die gasheer, die Hoërskool Outeniqua, se o.14-span het sy week met ‘n sege van 24-5 oor die Hoërskool Rustenburg afgeskop. Die Rusties vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar, terwyl die Kwaggas volgende jaar hul eeufeesvieringe het.

Die Kwaggas sal in sy volgende wedstryd vir Paul Roos Gimnasium die stryd aansê. 

Stellenberg het ook ‘n blink sege behaal deur die Hoërskool Nelspruit met 14-7 te klop. 

Die voorste o.14-rugbyweek in die land is die eerste in 1995 deur Outeniqua aangebied. 

Al die uitslae: 

o.14

Paarl Gimnasium 20, Monument 12; Hoër Jongenskool Paarl 33, Menlopark 0; Helpmekaar 14, Paul Roos Gimnasium 12; Outeniqua 24, Hoërskool Rustenburg 5; Diamantveld 10, Framesby 5; Wynberg Boys’ High 17, Oakdale Landbou 12; Kempton Park 49, Parel Vallei 0; Jeugland 26, Pearson 19; Waterkloof 10, Grey PE 10; Durbanville 27, Brandwag (Uitenhage) 0; Punt 30, Sentraal 5; Stellenberg 14, Hoërskool Nelspruit 7; Menlopark XV 19, Hoërskool Oudtshoorn 7; Monnas XV 17, Kwagga XV 0. 

o.15

Menlopark 29, Outeniqua 15; Waterkloof 27, Grey PE 14; Durbanville 10, Brandwag (Uitenhage) 5; Framesby 14, Diamantveld 12; Hoërskool Alberton 41, Knysna 0; Jeugland 14, Pearson 10; Sentraal 17, Hoërskool Oudtshoorn 5; Kwagga XV 38, De Aar 0.

[powr-comments id=”1fe4827f_1648631178449″]

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!