Saturday, August 13, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Pumas se spanne vir Saru se nasionale weke

By Hannes Nienaber , in News , at 20 June 2019 Tags: , , , , , , , , ,

Pumas50Die Pumas kon slegs drie spelers in sy uitsoekspan vir vanjaar se 56ste Cravenweek vir hoërskole insluit wat die unie ook verlede jaar op die gesogte toernooi in die Paarl verteenwoordig het.

Die toernooi word vanjaar van 1 tot 6 Julie op Grey-kollege se velde in Bloemfontein aangebied.

Die slot Jackson Madiba van Steelcrest, die losskakel, Martin Venter van Secunda, asook ook die haker en kaptein, Chyle van Zyl van Nelspruit, is die enigste oorblywende lede van 2018 se span. Venter het verlede jaar in die Paarl die laaste vesting vir die Pumas beman.  

Die Pumas se een flank van verlede jaar Juandré Odendaal sal vanjaar vir die Valke op die Cravenweek verteenwoordig. Hy het sedert verlede jaar van HTS Middelburg na EG Jansen geskuif. 

Die span se buitesenter, Walter Visser van Ermelo, is die jonger broer van die Blitsbok Impi Visser

HTS Middelburg het met sewe spelers die grootste verteenwoordiging in die span. Die sewe spelers is – Christiaan Vlok (binnesenter), Tristan Juries (linkervleuel), Grant van Leeuwen (slot), Marthinus Oosthuizen (vaskopstut), Kyle Visagie, Edwin Till (haker) en Stirling Jaarse

Die Pumas kom op die eerste dag van die Cravenweek teen Suidwestelike Distrikte te staan. Die span het vanjaar reeds twee keer met die Valke afgereken. Die eerste was ‘n vriendskaplike proefwedstryd wat die Pumas met 52-40 gewen het, terwyl hulle ook tydens die Noordvaal Bondedag met 50-17 baas was. 

Die spanne is: 

Cravenweek: 15 Bobby Madonsela (Rob Ferreira), 14 Ndumiso Dladla (Piet Retief), 13 Walter Visser (Ermelo), 12 Christiaan Vlok (HTS Middelburg), 11 Tristan Juries (HTS Middelburg), 10 Martin Venter (Secunda), 9 Niel Henning (Nelspruit), 8 Frans Stander (Secunda), 7 Xavier Fourie (Ligbron), 6 Michelson Mkwanazi (Ermelo), 5 Jackson Madiba (Steelcrest), 4 Grant van Leeuwen (HTS Middelburg), 3 Marthinus Oosthuizen (HTS Middelburg), 2 Chyle van Zyl (Nelspruit), 1 Sipho Nzotho (Hoërskool Middelburg). Plaasvervangers: 16 Edwin Till (HTS Middelburg), 17 Musa Nkozi (Rob Ferreira), 18 Eduan Roux (Piet Retief), 19 Zweli Mokoena (Rob Ferreira), 20 Stirling Jaarse (HTS Middelburg), 21 Sanele Zungu (Hoërskool Middelburg), 22 Khyle Visagie (HTS Middelburg), 23 Lunga Makaringe (Rob Ferreira). 

Akademie-week: 15 Alec Vermaak (HTS Middelburg), 14 Shannon Mandude, 13 Siphosethu Kachalenga, 12 Jan Joubert, 11 Lance Mayisela, 10 Ricardo Schonfeldt (Hoërskool Middelburg), 9 Mariano de Villiers (HTS Middelburg), 8 Frik Lange, 7 Reynard Horn, 6 Konke Langa (Piet Retief), 5 Xolani Lekhuleni, 4 Walter Klingenberg, 3 Carl Niebuhr (Piet Retief), 2 Leon du Toit (Piet Retief), 1 Ruan Steyn. Plaasvervangers: 16 Zizi Milanzi, 17 Shane Thekwane, 18 Reynard Coetzee, 19 Tshimo Mogale, 20 Dumi Ngwenya, 21 Vijay Mahlangu, 22 Vuelwa Khoza, 23 Vivian Beukes. 

Grant Khomo: 15 Kirwan Erasmus (HTS Middelburg), 14 Kwanele Nkambule (Ligbron), 13 Njabulo Maseko (Ligbron), 12 Damian Markus (HTS Middelburg), 11 Junior Mondlane (Rob Ferreira), 10 Christiaan Gouws (Rob Ferreira), 9 Jared Williams (), 8 Nico Henrico (), 7 Hanru Jansen (), 6 Monteo Meyer (), 5 Jacobus Venter (), 4 Griffin Schofield (Rob Ferreira), 3 Cassie Botes (HTS Middelburg), 2 Quin van Zyl (Nelspruit), 1 Jandré Vlok (HTS Middelburg). Replacements: 16 Josh Johnston (Middelburg), 17 DJ Loock (Secunda), 18 Werner Geldenhuys (), 19 Ronnie Tshabalala (Secunda), 20 Njabulo Zulu (Highveld), 21 Paul Steyn (), 22 Lwazi Mogodiri (Rob Ferreira), 23 Jacquin Jacobus (De Villiers Graaff). 

[powr-comments id=”d3b4b160_1561034124188″]

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!