Sunday, June 26, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Pumas kies spanne vir SA Rugby se nasionale jeugweke

By Hannes Nienaber , in News , at 23 June 2022

Die Pumas se span vir die Cravenweek vir hoërskole in Kaapstad se agterhoede kan dalk vir so bietjie opwinding sorg.

Die Cravenweek vind van 4 tot 9 Julie by Rondebosch Boys’ High in Kaapstad plaas.

Die Hoërskool Middelburg het met sewe spelers in die groep die grootste verteenwoordiging. Hoërskool Nelspruit het met ses spelers die tweede meeste spelers wat die span gemaak het.

Die buitesenter, Grant de Jager, asook die skrumskakel, Danny van Staden, is van die spelers om dop te hou. Nelspruit se kantman, Francois Odendaal, is ook ‘n speler wat die teenstander probleme kan besorg.

Die Pumas kom Saterdag tydens die Noordvaal Bondedag in Magaliesburg teen die Blou Bulle te staan. Die wedstryd sal die span van Mpumalanga ‘n goeie idee gee hoeveel werk nog tot met die Cravenweek voorle.

Die Pumas kom in sy eerste wedstryd in die Moederstad teen die Limpopo Blou Bulle te staan. Die twee spanne het vroeër vanjaar in ‘n opwarmingswedstryd met 36-elk gelykop gespeel.

Die span vanuit die ou Suidoos Transvaal het ook al teen die Valke te staan gekom en die wedstryd gemaklik met 83-16 gewen.

Foto: Actionpix

Die spanne is: 

Cravenweek: 15 Phila Ntshapela (Hoërskool Middelburg), 14 Wandile Gumede (Piet Retief), 13 Grant de Jager (Hoërskool Middelburg), 12 Drikus Greeff (Hoërskool Nelspruit), 11 Tyron Moolman (Secunda), 10 Hardus Visser (HTS Middelburg), 9 Danny van Staden (Hoërskool Nelspruit), 8 Ben Janse van Vuuren (Hoërskool Middelburg), 7 Francois Odendaal (Hoërskool Nelspruit), 6 Njabulo Shabangu (Lowveld High), 5 Tjaart Naude (Hoërskool Middelburg), 4 Siyabonga Shoba (Ligbron Akademie), 3 Tebogo Nkosi (Hoërskool Middelburg), 2 Fumani Chauke (Hoërskool Middelburg), 1 Rowan Mitchel (Piet Retief). Plaasvervangers: 16 Thobani Zungu (Piet Retief), 17 Rayn Venter (Hoërskool Nelspruit), 18 Duard Deichmann (Hoërskool Nelspruit), 19 Sifiso Nhleko (Piet Retief), 20 Christiaan Botha (Hoërskool Nelspruit), 21 Gift Keshwa (Hoërskool Middelburg), 22 Hendrik Smit (HTS Middelburg), 23 Vukani Ngwenya (BHS).

7 Hoërskool Middelburg | 6 Hoërskool Nelspruit | 4 Piet Retief | 2 HTS Middelburg | 1 Secunda | 1 Lowveld High | 1 Ligbron Akademie | 1 BHS

Akademie-week – Stedelik: 15 Zander Coetzee, 14 Khaya Dube, 13 Kuloane Seabela, 12 Kyle Alves, 11 Philasane Nkosi, 10 Zander Erasmus, 9 Johnny Durheim, 8 Andre de Lange, 7 Harry Steenkamp, 6 Mpho Sekhoto, 5 Sam Hadebe, 4 Luvan Hadebe, 3 Ignus Ferreira, 2 Abri Brits, 1 Stefan Veldsman. Plaasvervangers: 16 Andreas Fouche, 17 Sizwe Nkabine, 18 Tumelo Mtshali, 19 Stephan Nkosi, 20 Tlotlo Rashweni, 21 Seneme Nkosi, 22 Prosper Thlou, 23 Kamogelo Lutsholo.

Akademie-week – Platteland: 15 Jodi Berlington (Curro Nelspruit), 14 Keletso Mofokeng (Oosterland), 13 Paki Rantsane (Steelcrest), 12 Keith Mlaudzi (Lydenburg), 11 Tino Makamure (Lydenburg), 10 Maxi Mtsweni (Kanonkop), 9 Corne Louwrens (Standerton), 8 Willem Blom (Curro Nelspruit), 7 Dian Snyman (Kanonkop), 6 Bheki Mndawe (Hoogenhout), 5 Marius Coetzee (Curro Nelspruit), 4 Hermanus Robbertze (Curro Nelspruit), 3 Kutani Mazimba (Oosterland), 2 Jaden Breytenbach (Standerton), 1 Waldt Stander (Curro Nelspruit). Plaasvervangers: 16 Musa Ngwenya (Curro Nelspruit), 17 Gray Mgabi (Steelcrest), 18 Olwami Skhosane (Hoogenhout), 19 Stephan Taylor (Penryn College), 20 Philasande Tlou (Standerton), 21 Janco Janse van Vuuren (Oosterland), 22 Thabiso Sekwane (Curro Nelspruit), 23 Mpho Mageleni (Standerton).

7 Curro Nelspruit | 4 Standerton | 3 Oosterland | 2 Lydenburg | 2 Kanonkop | 2 Steelcrest | 2 Hoogenhout | 1 Penryn College

Grant Khomo: 15 Siphosethu Sibisi (Piet Retief), 14 Anele Ngwenya (Ligbron Akademie), 13 Ian Wood (Hoërskool Nelspruit), 12 Johnny de Santos (HTS Middelburg), 11 Marno du Plessis (Hoërskool Nelspruit), 10 Theuns Meyer (Hoërskool Nelspruit), 9 Jarno Haarof (Secunda), 8 Stefan Bezuidenhout (Secunda), 7 Bradley Claasen (Hoërskool Nelspruit), 5 Emhile Dlamini (Ligbron Akademie), 4 Zak Loock (Secunda), 3 Wandisa Mtombeni (Hoërskool Middelburg), 2 Eben van Wyk (Hoërskool Nelspruit), 1 Ethan Breytenbach (HTS Middelburg). Plaasvervangers: 16 Blessing Mabena (Hoërskool Middelburg), 17 Sabelo Nhlapho (Ligbron Akademie), 18 Kgoshi Mashego (Bergvlam), 19 Sfundo Mayisa (Piet Retief), 20 Ed Ndhlala (Curro Nelspruit), 21 Richardt van Heerden (Secunda), 22 Sihle Mkhathiswa (Rob Ferreira), 23 Londani Nyathikazi (Rob Ferreira).

5 Hoërskool Nelspruit | 4 Secunda | 3 Ligbron Akademie | 2 Piet Retief | 2 HTS Middelburg | 2 Rob Ferreira | 2 Hoërskool Middelburg | 1 Bergvlam | 1 Curro Nelspruit

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!