Saturday, August 13, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Potch Gimmies kry hupstoot van 50 jaar gelede

By Hannes Nienaber , in News , at 28 May 2017 Tags: , , , , , ,

31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

NewsG BenVorsterPotchefstroom Gimnasium het Saterdag so stukkie geluk geleen by sy eerstespan wat 50 jaar gelede vir die eerste keer die Administrateursbeker verower het. Vier lede van die span van 1967 Francois van Aswegen, Geo Killian, Koos Lessing en Piet Viljoen het die span Saterdag voor sy jaarlikse FNB Classic Clash teen Potchefstroom Volkskool kom sterkte toewens. 

Gimmies het die bordjies na verlede jaar se Classic Clash met 32-18 verhang. Volkies was verlede jaar naelskraaps met 18-17 baas. In die ander ligawedstryd in die Luiperds se Grootskole-liga in die Virsekerbeker was Lichtenburg met 48-18 te sterk vir Wesvalia van Klerksdorp. 

In Tzaneen kon rugbyondersteuners vir die eerste keer sedert 2011 weer sien hoe Ben Vorster en Merensky mekaar op die rugbyveld pak. Ben Vorster het Saterdag met 43-11 as oorwinnaars van die veld gestap. Die Vossies het sewe drieë gedruk, waarvan die heealgter, Melvin Maake, twee afgerond het. Ben Vorster is die gunteling om vanjaar as kampioen van Limpopo se Grootskole-liga gekroon te word.

Die ander groot aanspraakmaker op die titel, die Hoërskool Pietersburg, het ook nie veel probleme ondervind om HTS Tom Naude met 36-12 te troef nie. Die wenspan se buitesenter, Jaco Mulder, het twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. In die enigste ander Grootskole-ligawedstryd het Louis Trichardt vir Frans du Toit met 49-26 geklop. 

Eerskomende Vrydag sal die verdedigende kampioen van die Blou Bulle se Grootskole-liga, Oos-Moot, vir die eerste keer in vanjaar se liga behoorlik getoets word. Oos-Moot kom teen Midstream College te staan wat ook sover met ‘n onoorwonne rekord in die liga spog. 

Oos-Moot het Vrydag vir Overkruiin met 84-10 kaf gedraf. Die span se buitesenter, Conrad van Deventer, het vier keer die doellyn oorgesteek. Die woelige haker, Eduan Swart, het ook ‘n driekuns aan drieë behaal. 

Midstream College het Vrydag vir die Hoërskool Tuine met 37-5 met die kous oor die kop huis toe gestuur. Die Wilgers sal vandag ook breëbors rondloop na hulle vir Pretoria-Noord met 37-20 die loef afgesteek het. 

Die Pumas se Grootskole-liga is waarskynlik die mees kompeterende Virsekerbeker onder die groot skole. Die vroeë gunsteling, Hoërskool Secunda, het ‘n loslooitjie geniet. Hoogenhout was in ‘n vernietigende bui teen Oosterland en het ‘n weghol-sege van 92-3 behaal. 

Ligbron Akademie sal verskil, maar ook hou van Secunda se “status” as gunsteling. Ligbron stoot self vanjaar weer ‘n gedugte span in die veld en het Ermelo met 64-14 kaf gedraf. Generaal Hertzog het ‘n goeie sege van 39-15 oor Standerton behaal, terwyl HTS Witbank hard moes werk om vir Rob Ferreira met 30-26 te klop. Lydenburg het vir Bergvlam van Nelspruit met 24-14 getroef.

In die Goue Leeus se liga vir Grootskole was daar twee rondes die afgelope week beslis. Randburg het Saterdag vir Riebeeckrand met 29-22 geklop na hy vroeër in die week naelskraaps teen Bastion (24-25) die knie moes buig. Dinamika het in die week vir Riebeeckrand met 19-12 geklop, terwyl hy Saterdag teen Bastion met 24-17 baas was.

Die Hoërskool Alberton wat die gunsteling is om as kampioen van die liga gekroon te word het Jan Viljoen van Randfontein Saterdag met 33-20 verslaan.

Vereeniging Gimnasium het vir Heidelberg Volkskool met 32-22 in die Valke se Grootskole-liga geklop. Hans Moore van Benoni was met 47-14 oortuigend oor Springs Boys’ High baas, terwyl Driehoek met 34-3 teen Dr. Malan van Meyerton as oorwinnaars van die veld gestap het. 

Uitslae en Puntemakers:

BLOU BULLE 

Oos-Moot 84 – Drieë: Conrad van Deventer (4), Eduan Swart (3), Marco Vorster (2), Dandre Nolte, Werner Diedericks, Morne Bedford, Emile Bester, Christiaan Meyer. Doelskoppe: Julian Kokt (6), Nolte. Overkruin 10 – Drie: Franco de Abreu. Doelskop: Jaco Pittendrich. Strafdoel: Pittendrich.

Midstream College 37 – Drieë: Naude Kruger (2), Devin-Ross Mourao, Minderd Spoelstra, Heinrich Botha. Doelskoppe: Charl Niemand (3). Strafdoel: Niemand. Skepdoel: Niemand. Hoërskool Tuine 5.

Die Wilgers 37 – Drieë: Tirique Ferris (2), Wilbur Hugh, Tabiso Maropa, Hennie de Vos, Jannies Blignaut. Doelskoppe: De Vos (2). Strafdoel: De Vos. Pretoria-Noord 20 – Drieë: JR de Villiers (2), Henri Beyleveldt. Doelskop: Duard Steyn. Strafdoel: Steyn.

Ander spanne:

o.16: Oos-Moot 26, Overkruin 9; Midstream College 36, Tuine 5; Pretoria-Noord 64, Die Wilgers 3.

o.15: Oos-Moot 31, Overkruin 14; Midstream College 12, Tuine 0; Pretoria-Noord 26, Die Wilgers 23.

o.14: Overkruin 17, Oos-Moot 12; Midstream College 31, Tuine 12; Pretoria-Noord 39, Die Wilgers 0.

GOUE LEEUS 

Randburg 29 – Drieë: Schalk van der Merwe (2), Sean Otto, Liam Louw. Doelskoppe: Dewald Jacobs (2). Strafdoel: Jacobs. Riebeeckrand 22.

Hoërskool Alberton 33 – Drieë: Jonathan Potgieter, Ruan Muller, Mark Swart, PJ van der Merwe, Kalie Grung. Doelskoppe: Muller (4). Jan Viljoen 20.

Ander spanne:

Eerstespanne: Dinamika 19, Bastion 10; Bastion 25, Randburg 24.

o.16: Dinamika 29, Bastion 24; Alberton 10, Jan Viljoen 5; Randburg 58, Bastion 12; Randburg 60, Riebeeckrand 0.

o.15: Bastion 25, Dinamika 0; Alberton 29, Jan Viljoen 19; Randburg 21, Bastion 12; Randburg 50, Riebeeckrand 7.

o.14: Jan Viljoen 27, Alberton 26; Randburg 45, Bastion 14; Randburg 73, Riebeeckrand 7.

LIMPOPO

Ben Vorster 43 – Drieë: Melvin Maake (2), Shama Manzini, Shima Molepo, Erik Meintjies, Nyiko Ntlemo, Anthony Tolmay. Doelskop: Meintjies. Strafdoele: Meintjies (2). Merensky 11 – Drie: Noko Malatji. Strafdoele: Delux Jooste, Wynand Scholtz.

Hoërskool Pietersburg 39 – Drieë: Jaco Mulder (2), Franco du Plessis, Tiaan Janse van Rensburg, Daneel Joubert, Driaan Kruger. Doelskoppe: Martin Austen (3). Strafdoel: Austen. HTS Tom Naude 12.

Frans du Toit 26 – Drieë: Wian Schoeman (2), Phokie Sekgopa, Pontso Makhlake. Doelskoppe: Stephen Nel (3). Louis Trichardt 49.

Ander spanne:

o.16: Ben Vorster 37, Merensky 5; Pietersburg 61, Tom Naude 5; Louis Trichardt 32, Frans du Toit 20.

o.15: Merensky 20, Ben Vorster 10; Pietersburg 21, Tom Naude 0; Louis Trichardt 33, Frans du Toit 24.

o.14: Ben Vorster 22, Merensky 21; Pietersburg 71, Tom Naude 5; Frans du Toit 25, Louis Trichardt 21.

LUIPERDS 

Potchefstroom Gimnasium 32 – Drieë: Stephan Fourie, Marco van den Heever, Arno Gustafson, George van der Westhuizen, Edrich Cronje. Doelskoppe: Cronje (2). Strafdoel: Cronje: Potchefstroom Volkskool 18 – Drieë: Jacques Gouws (2), Jaques Reyneke. Strafdoel: Hanru van Rooyen.

Lichtenburg 48 – Drieë: Vihan Muller (2), Renco van Huysteen (2), Max Williamson, Bertru Jones, Armandt Potgieter. Doelskoppe: Lohan Jahns (5). Strafdoel: Jahns. Wesvalia 18.

Ander spanne:

o.16: Potch Volkies 24, Potch Gimmies 5; Wesvalia 32, Lichtenburg 22.

o.15: Potch Gimmies 31, Potch Volkies 0; Lichtenburg 22, Wesvalia 20.

o.14: Potch Gimmies 24, Potch Volkies 17; Lichtenburg 17, Wesvalia 5.

PUMAS

Hoogenhout 92 – Drieë: Prince Nkabinde (2), Gerrie Erasmus (2), Peter de Wet (2), Phillip Otto (2), DC Saaiman (2), Omar Rodriques, Damian Losper, Jodi Jordaan, Jaco Roelofse. Doelskoppe: Saaiman (9), MC Carinus, Steyn Grobler. Oosterland 3 – Strafdoel: Rudie Venter.

Ligbron Akademie 64 – Drieë: Calvin Clack (2), Bernhard du Plessis (2), Edward Deacon, Message Nkosi, Njabulo Nkosi, Johnny Blaauw, Thabiso Mkhwebane, Isaac Pedro. Doelskoppe: Message Nkosi (7).Ermelo 34 – Drieë: Jan-Hendrik Swart, Ernst de Waal, Morne Janse van Rensburg, Gejhan Thyssen. Doelskoppe: Ruan Grobler (4). Strafdoele: Grobler (2). 

HTS Witbank 30 – Drieë: Dylan Pretorius (2), Sheldon Shepton, Charl van Zyl. Doelskoppe: Steven Strumpher (2). Strafdoele: Ruan van Zyl (2). Rob Ferreira 26.

Lydenburg 24 – Drieë: Arrie Heyl (2), Vian Grace, Johan Reyneke. Doelskoppe: Jason Oosthuizen (2). Bergvlam 14 – Drieë: Nkosana Mkhabede, Tristan Louw. Doelskoppe: Clinton Coetzee (2).

Standerton 15 – Drieë: Michael Crumplin, Lunga Dakile. Doelskop: Dakile. Strafdoel: Dakile. Generaal Hertzog 39.

Ander spanne:

o.16: Ligbron 20, Ermelo 14; Oosterland 28, Hoogenhout 8; Generaal Hertzog 29, Standerton 10; HTS Witbank 12, Rob Ferreira 8; Lydenburg 40, Bergvlam 7.

o.15: Ermelo 31, Ligbron 17; Hoogenhout 12, Oosterland 7; Standerton 46, Generaal Hertzog 19; Rob Ferreira 38, HTS Witbank 10; Lydenburg 7, Bergvlam 0.

o.14: Ligbron 64, Ermelo 0; Hoogenhout 25, Oosterland 14; Generaal Hertzog 38, Standerton 15; Rob Ferreira 60, HTS Witbank 0; Lydenburg 56, Bergvlam 0.

VALKE

Hans Moore 47 – Drieë: Juan Steenkamp (2), Nicky van den Bergh, Jarrod Geral, Adam Meyer, Dillon Jordaan, Thabo Ndimande. Doelskoppe: Van den Bergh (3). Strafdoele: Van den Bergh (2). Springs Boys’ High 14.

Driehoek 34 – Drieë: Shaun Schoen, Jay-Jay Schoen, Dyllan Smit, Jean Herbst. Doelskoppe: Smit (4). Strafdoele: Smit (2). Dr. Malan 3 – Strafdoel: PC Pretorius.

Vereeniging Gimnasium 32 – Drieë: Christiaan Labuschagne (2), Johandre Vosloo, Elmar Bosman. Doelskoppe: RJ Pretorius (3). Strafdoele: Pretorius (2). Heidelberg Volkskool 22 – Drieë: Wandré Storm, Dwayne Rossouw, Ruben Botha. Doelskoppe: Juandrich Dercksen (2). Strafdoel: Dercksen. 

Ander spanne:

o.16: Hans Moore 31, Springs Boys’ High 21; Dr. Malan 51, Driehoek 7.

o.15: Hans Moore 44, Springs Boys’ High 0; Driehoek 26, Dr. Malan 0.

o.14: Hans Moore 27, Springs Boys’ High 5; Dr. Malan 24, Driehoek 24.

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!