Oakdale skud sy vere reg vir jaarlikse rugbyweek in Riversdal
Die 41ste Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal skop Vrydag af met die Hoërskool Rustenburg wat in sy 100ste bestaansjaar in die hoofwedstryd teen die Hoërskool Diamanteld van Kimberley te staan kom.
Die gasheer sal vanjaar self nie op sy week in aksie wees nie, weens sy verpligtinge tydens die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi in Pretoria.
Die volgende twee wedstryddae se bepalings word eers na die vooropgaande dae se spel deur ‘n bepalingskomitee uitgewerk.
Nie minder as 34 skole van regoor Suid-Afrika se eerstespann is op die week, wat deur Klein Karoo Saadproduksie geborg word, in aksie.
Jaarliks word daar ook ‘n span op die toernooi gekies uit die beste spelers in elke posisie. Die span speel nie enige wedstryde nie, maar spelers soos Meyer Bosman, Cobus Wiese, Marius Delport en Jasper Wiese het al die eer gehad om die die span gekies te word.
Al die wedstryde op die De Eike-veld word regstreeks op DigiTV uitgesaai.
Die bepalings is:
25 Maart 2022
DE EIKE
19:10 – Rustenburg vs Diamantveld
18:00 – Kempton Park vs Die Brandwag (Uitenhage)
16:20 – Zwartkop vs Pearson
15:10 – Hermanus vs Alberton
14:00 – Lichtenburg vs Hoërskool Upington
12:15 – Oosterlig vs Robertson
11:05 – Potchefstroom Gimnasium vs Hugenote (Wellington)
09:55 – Brackenfell vs Jeugland
08:45 – Ellisras vs Swartland
POPULIERBOS
16:20 – Sentraal vs Langenhoven Gimnasium
15:10 – Parel Vallei vs Bredasdorp
14:00 – Overberg vs Graaff-Reinet Volkskool
12:15 – Vryburg vs Oudtshoorn
11:05 – Merensky vs Augsburg Landbou
09:55 – Strand vs Oos-Moot
08:45 – Landboudal vs Montagu
DE TUINE
09:55 – Vredendal vs Westering
[powr-comments id=”04bda40d_1648193598885″]
Comments