Thursday, August 18, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Nuwe skolereeks in die sentrale streek geloots

By Hannes Nienaber , in News , at 26 September 2017 Tags: , , , , , , , , ,

NewsG AHSKroonstad‘n Nuwe opwindende skolereeks sal volgende jaar in die sentrale streeks geloots word. Dit sal wel die einde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga asook Volksblad-liga (voorheen Jip-liga, vir o.15-spanne) beteken. 

Dit is nog nie bekend wat die nuwe reeks se impak op die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) en Colts-liga (vir die kleinste van die kleinskole) sal he nie.  

Die Sentrale Skole-reeks is op reekse soos die Tuks-reeks en die NWU Pukke-reekse gegrond.

“Massadeelname bly vir hulle ‘n prioriyeit en dit is dan van belang dat  B en C spanne ook ‘n geleentheid kry om gereeld deel te neem vir hulle skole.  Die skole se B en C spanne kry nie noodwendig genoegsame blootstelling in hulle eie ligas nie,” het Paul Sauer, skoolhoof van Goudveld-Hoërskool, gese.  

Die skole streef ‘n lekker interskole na wat weer goeie dae kan laat herleef dat ‘n skool ‘n lekker vol program op ‘n Saterdag vir sy gemeenskap kan bied.  Al die skole kry nie noodwendig hierdie blootstelling in hulle verskeie ligas nie en daarom meer wedstryde nader aan mekaar met die hele skool.” 

Agt skole sal aan die reeks in rugby, netbal en hokkie teen mekaar deelneem. Die agt skole is Noord-Kaap, Diamantveld, Sentraal, Goudveld-Hoërskool, Fichardtpark, Voortrekker, Witteberg en Jim Fouché. 

Die skole is in twee groepe van vier elk ingedeel. Sentraal van Bloemfontein is saam met Fichardtpark, Noord-Kaap en Witteberg van Bethlehem in ‘n groep geloot. In die ander groep van Voortrekker van Bethlehem, Diamantveld, Jim Fouché en Goudveld sake teen mekaar uitspook.

Spanne sal na die groepfase ook mekaar in uitspeelwedstryde pak. Daar word beplan dat die uitspeelwedstryde soos met die Kovsiestreek-kompetisie op Shimlapark aangebied sal word. 

Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad en Welkom Gimnasium is die twee skole wat ‘n koue skouer gekry het. Rooiskool se eerstespan is vanjaar as kampioen van die Griffon-liga gekroon en is in die halfeindronde van die Shimla-liga deur Noord-Kaap getroef. 

Welkom Gimnasium het die afgelope drie seisoene slegs een keer in die Griffon-liga die knie gebuig. Gimmies het vanjaar in die halfeindronde van die Griffon-liga met 42-24 teen Rooiskool verloor. 

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!