Nuwe liga sien die lig in 2021 van Afdeling 1 van die Virsekerbeker
Daar sal in 2021 ‘n nuwe liga by Afdeling 1 van die Virsekerbeker gevoeg word. Die besluit is deur die Noordvaal Skolerugby-vereniging (NVSRV) tydens ‘n spesiale Algemene Jaarvergadering op 6 November by die Hoërskool Alberton geneem.
Die nuwe voorsitter van die NVSRV, Dr. Jorrie Jordaan, het nie enige gras onder sy voete laat groeie sedert hy in die belangrikste stoel in skolerugby noord van die Vaalrivier sy plek ingeneem het nie. Jordaan is ook die skoolhoof van die Hoërskool Alberton en het voorheen ook die pos by die Hoërskool Linden beklee.
Jordaan dien al langer as 25 jaar op die NVSRV. Marius Briers van die Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp is tot sekretaris van die NVSRV verkies na Hans van Vreden (Midstream College) besluit het om die tuig saam met die voorsitter, Ferdie Niemand (Curro Roodeplaat) na die verening se 100ste bestaansjaar in 2020 neer te lê.
Agt skole vanuit Afdeling 2 het bevordering tot die nuwe liga in Afdeling 1 gekry danksy hulle vertonings in die 2019-seisoen. Die eerste twee kampioene van Afdeling 2 – Hoërskool Secunda (2018) en Hoërskool Pietersburg (2019) het albei bevordering ontvang. Die twee naaswenners tydens die nuwe sisteem in 2018 geimplementeer was – Frikkie Meyer van Thabazimbi en Ligbron van Ermelo sal volgende jaar in onderskeidelik Afdeling 2 en Afdeling 1 se Skild-afdeling in aksie wees.
Die agt skole wat sake om die titel van die nuwe liga sal uitspook is – die Hoërskool Centurion, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Klerksdorp, Hoërskool Secunda, Hoërskool Wesvalia, Die Anker van Brakpan, Hoërskool Alberton en Potchefstroom Volkskool. Die Luiperds het dus met drie skole die grootste verteenwoordiging in die nuwe liga.
Dié nuwe liga skop volgende jaar op 17 April af met die Hoërskool Klerksdorp wat na Centurion sal reis om die Hoërskool Centurion die stryd aan te sê.
Die bepalings is:
17 April 2021
Centurion vs Klerksdorp
24 April 2021
Secunda vs Centurion
8 Mei 2021
Centurion vs Alberton
Klerksdorp vs Die Anker
Potch Volkies vs Wesvalia
Secunda vs Pietersburg
15 Mei 2021
Die Anker vs Alberton
Wesvalia vs Centurion
Pietersburg vs Klerksdorp
Potch Volkies vs Secunda
22 Mei 2021
Alberton vs Klerksdorp
Centurion vs Die Anker
Potch Volkies vs Pietersburg
Wesvalia vs Secunda
29 Mei 2021
Alberton vs Potch Volkies
Secunda vs Die Anker
Pietersburg vs Wesvalia
17 Julie 2021
Pietersburg vs Alberton
Potch Volkies vs Centurion
Die Anker vs Wesvalia
Secunda vs Klerksdorp
24 Julie 2021
Alberton vs Secunda
Pietersburg vs Centurion
Die Anker vs Potch Volkies
Klerksdorp vs Wesvalia
31 Julie 2021
Wesvalia vs Alberton
Die Anker vs Pietersburg
Klerksdorp vs Potch Volkies
[powr-comments id=”d7884eca_1606046619184″]
Comments