Twee nuwe gesigte in vanjaar se NWU Prestige-reeks
Die kampioen van die Pukke Prestige-reeks, die Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp, sal sy aanslag op vanjaar se titel teen Potchefstroom Volkskool weg van die huis afskop. Die Nories het Wesvalia van Klerksdorp verlede jaar in die eindstryd van die reeks met 22-3 die loef afgesteek.
Die span van Krugersdorp sal teen Jeugland van Kempton Park en die Hoërskool Rustenburg in sy ander twee groepwedstryde te staan kom. Die Rusties is een van die twee nuwe gesigte wat vanjaar aan die reeks deelneem.
Buiten Rustenburg sal Oos-Moot ook vanjaar in die kompetisie in aksie wees. Oos-Moot het die afgelope paar jaar in die NWU-Pukke se Interprovinsiale reeks deelgeneem.
Die manne van die Moot is saam met Lichtenburg, Marais Viljoen en Heidelberg Volkskool in Groep B geloot. Lichtenburg het verlede jaar in sy groepwedstryd teen Marais Viljoen ‘n naelskraapse nederlaag van 13-14 op die lyf geloop. Dit was die Liggies se eerste nederlaag in 20 wedstryde in die NWU Prestige-reeks.
Heidelberg Volkies het was verlede jaar die nuwelinge in die reeks na hy Driehoek vervang het. Die Volkies het hulle goed van hul taak gekwyt en behoort vanjaar weer ‘n hele paar spanne die skrik op die lyf te jaag.
Wesvalia is in Groep C geloot waar daar nie veel tussen die spanne te kies is nie. Die span van Klerksdorp sal teen Hugenote van Springs, Hoërskool Middelburg en Zwartkop sake uitspook. Hugenote en Middelburg het mekaar verlede jaar in die eindstryd van die Noordvaal Virsekerbeker se Skild-kompetisie gepak, met Hugenote wat die kroon gedra het.
Die bepalings (tuisspanne eerste vermeld):
29 Februarie 2020
Lichtenburg vs Heidelberg Volkskool
Oosterlig vs Die Anker
7 Maart 2020
Potchefstroom Volkskool vs Noordheuwel
Jeugland vs Hoërskool Rustenburg
Oos-Moot vs Lichtenburg
Marais Viljoen vs Heidelberg Volkskool
Zwartkop vs Hoërskool Middelburg
Wesvalia vs Hugenote
Die Anker vs Potchefstroom Gimnasium
Montana vs Oosterlig
14 Maart 2020
Noordheuwel vs Hoërskool Rustenburg
Potchefstroom Volkskool vs Jeugland
Heidelberg Volkskool vs Oos-Moot
Lichtenburg vs Marais Viljoen
Hugenote vs Zwartkop
Wesvalia vs Hoërskool Middelburg
Montana vs Die Anker
Potchefstroom Gimnasium vs Oosterlig
17 Maart 2020
Noordheuwel vs Jeugland
Hoërskool Rustenburg vs Potchefstroom Volkskool
Marais Viljoen vs Oos-Moot
Hoërskool Middelburg vs Hugenote
Zwartkop vs Wesvalia
Potchefstroom Gimnasium vs Montana
[powr-comments id=”0bffb2e1_1579610153553″]
Comments