Die kaliber van die Jean de Villiers o.16-rugbyfees word deur die eerste dag van die toernooi onderstreep.
Enige toernooi wat op die eerste dag reeds in die hoofwedstryd met 'n bepaling tussen Paarl Gimnasium en Grey-kollege kan spog en dan nog 'n kragmeting tussen Paul Roos Gimnasium en Affies as die vernaamste voorwedstryd is in 'n klas van sy eie op o.16-vlak.
Die rugbyfees sal vir die eerste keer onder die naam van die Jean de Villiers rugbyfees deur Paarl Gimnasium aangebied word. Dié toernooi sou in 2020 reeds onder die naam geskied het, maar was weens die Covid-pandemie gekanseleer. Vanjaar se toernooi sal die 28ste o.16-rugbyfees wees wat deur Gimmies aangebied word.
Die rugbyfees vind van Saterdag, 26 Maart tot...