Die Hoërskool Garsfontein se Michail Damons was die vonk in die kruitvat wat sy span tot 'n oortuigende sege van 67-0 oor HTS Drostdy aangevuur het.
Die twee spanne het mekaar op die eerste dag van die NMI Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi op Affies se veld in Pretoria die stryd aangesê.
Damons was op sy stukke en het met sy flinke voetwerk deur gapings geseil om etlike meters vir sy span op die aanval te wen. Hy het amper 'n hand in elk van Garsies se drieë gehad met 'n lopie vooraf om die aanvoorwerk te doen.
Damons het twee van sy lopies self afgerond. Garsies se senterpaar, Dimitre Erasmus en Calven Scott, het ook daarin geslaag om heelwat spasie in die middelveld te skep.
Die Garsies het met dié sege die spook...