Die Hoër Jongenskool Paarl het sy Kwagga-week (vir o.14-spanne) in George met 'n klinkende sege van 33-0 oor die Hoërskool Menlopark van Pretoria afgeskop. Die ander span vanuit die Paarl in aksie op die week, Paarl Gimnasium, het vir Monument van Krugersdorp in hul tweestryd met 20-12 uitoorlê.
Boishaai kom Maandag in sy tweede wedstryd van die week teen Helpmekaar-kollege van Johannesburg te staan. Helpmekaar-kollege sal baie tevrede met hul oorwinning van 14-12 oor Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch voel.
Gimmies sal in sy tweede wedstryd teen Menlopark kragte meet.
Die gasheer, die Hoërskool Outeniqua, se o.14-span het sy week met 'n sege van 24-5 oor die Hoërskool Rustenburg afgeskop. Die Rusties vier...