Die eerste skote in die Griffons-liga vir 2022 het geklap en dit blyk of Welkom Gimnasium en Voortrekker van Bethlehem weer die spanne is om te klop.
Witteberg van Bethlehem wat tydens die vakansie ook as kampioen van die Mauritz Hansen-week in Naboomspruit gekroon is, het sy aanslag op vanjaar se titel met 'n oorwinning van 43-28 oor die Hoërskool Trio van Kroonstad afgeskop.
Die Wittes se losskakel, Curtley Smith, was aan die voorpunt van sy span se oorwinning oor die nuweling in die liga. Dit was Trio se eerste wedstryd ooit in die Griffon-liga.
Die Trekkers het danksy 'n reuse aanslag in die tweede helfte daarin geslaag om Goudveld-Hoërskool met 32-15 die loef af te steek. Die Gouties het rustyd op sy tuisveld in...