Die Hoërskool Menlopark van Pretoria het 'n nuwe Direkteur van Rugby aangestel.
Nico Luus, wat 'n week gelede vir Tukkies tot kampioen van die Varsitybeker-reeks gebrei het, sal voortaan die skool se Direkteur van Rugby wees. Hy het as slot lank vir die Valke gespeel en ook 'n paar wedstryde vir die Goue Leeus uitgedraf.
Menlopark se vorige Direkteur van Rugby, Dean van der Watt, het glo weens sy besigheidsbelange wat meer van sy tyd vereis besluit om na die Wildeklawer-toernooi in Kimberley met onmiddelike effek die tuig neer te lê.
Van der Watt het in 2019 die Parkies tot hul eerste titel as kampioen van die Virsekerbeker gebrei.
Luus sal soos sy voorganger, Van der Watt, ook die rol as hoofafrigter by die eerstespan...