Rhinos draf Transvalia kaf, terwyl Snyders vir Zwartkop 'n sege in doodsnikke beklink

Written by Hannes Nienaber

NewsGWernerGeldenhuys School of Rugby | Rhinos draf Transvalia kaf, terwyl Snyders vir Zwartkop 'n sege in doodsnikke beklink - School of RugbyDie Hoërskool Nelspruit se Rhinos het Saterdag tydens sy eerste wedstryd in vanjaar se Plaat-kompetisie van die Virsekerbeker reeds 'n vriendelike waarskuwing aan die ander spanne in die liga gerig.

Die Rhinos het op sy tuisveld vir Transvalia van Vanderbijlpark met 40-3 afgeransel. 

Die wenspan se losskakel, Christiaan Gates, was weer op sy stukke. Gates het persoonlik 20 punte tot die sege gelewer. Hy het twee keer die doellyn oorgesteek asook met twee doelskoppe en twee strafdoele geslaag. 

Gates het hiermee sy totaal vir die seisoen tot 82 punte opgestoot wat hom die voorste puntemaker op eerstespanvlak in Suid-Afrika maak. 

Nelspruit se vaskopstut, Werner Geldenhuys, begin ook weer wedstrydfiks word. Die stewige jongman het die bal goed gedra in die sege. Sy teenstander Ruald Stoop het op loskopstut meer as sy man gestaan en verdien lof vir sy vertoning. 

Transvalia se skrumskakel, Kian le Roux, het ook 'n moedige vertoning gelewer. Die span van Vanderbijlpark se weeg was nogal erg ontwrig met vyf van sy beginspan wat nie saam na Mbombela kon reis nie.

Die vernaamste twee noodgedwonge veranderings was voorlangs. Die kaptein en agtsteman, Zander Zaayman, is vroeër in die week tydens die Valke-proewe beseer. Die vaskopstut, Reno Hirst, het gedurende die week besluit om voortaan sy skoolloopbaan by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch voort te sit. 

Die verdedigende kampioen, Ben Vorster van Tzaneen,  het nou wel nie op alle silinders gevuur nie, maar het steeds daarin geslaag om 'n bonuspunt-sege van 33-26 oor Montana in Pretoria te behaal. Die Vossies het teen die omdraaislag 'n skamele voorsprong van 12-10 geniet. 

Die Vossies se linkervleuel, Ndzalama Twala, was met sy flinke voetwerk 'n groot doring in die tuisspan se vlees. Hy het daarin geslaag om twee keer Montana se doellyn oor te steek. Die kaptein en flank, Ryno Scheepers, het ook vir die wenspan uitgeblink. Hy het veral in die losspel vir die tuisspan probleme besorg. 

'n Drie na speeltyd reeds vertreke was deur Zwartkop se losskakel, Jarno Snyders, het aan sy span 'n sege van 14-7 oor die Hoërskool Middelburg besorg. Snyders het met 'n fopaangee deur Middies se verdediging gesny om te gaan afrond. 

Die Zwarries het rustyd 'n voorsprong van 7-0 geniet danksy 'n stormramdrie deur sy haker, SJ Bezuidenhout. Middies het in die tweede helfte sake vanaf 'n rolmaalbeweging gelyk getrek met die losskopstut, Calvin van Niekerk, wat in besit van die bal was.  

FOTO: Johan Orton

Die puntemakers: 

Hoërskool Nelspruit 40 (16) - Drieë: Luthando Mabuza (2), Christiaan Gates (2), Keenan Visser, Ewan Nieuwoudt. Doelskoppe: Gates (2). Strafdoele: Gates (2). Transvalia 3 (3) - Strafdoel: Kian le Roux.

Ben Vorster 33 (12) - Drieë: Ndzalama Twala (2), Tsegofatso Ramaloko, Du Toit Hartzenberg. Doelskoppe: Erich Ackerman (2). Strafdoele: Ackerman (3). Montana 26 (10) - Drieë: Ruan du Toit (2), Lihen du Preez, Vian Kelly. Doelskoppe: Ryan Ungerer (2), Jannie Kruger.

Zwartkop 14 (7) - Drieë: SJ Bezuidenhout, Jarno Snyders. Doelskoppe: Snyders (2). Hoërskool Middelburg 7 (0) - Drie: Calvin van Niekerk. Doelskop: Corné Janse van Vuuren.

Ander spanne: 

o.16: Nelspruit 22, Transvalia 7; Middelburg 17, Zwartkop 13; Montana 37, Ben Vorster 7.

o.15: Nelspruit 14, Transvalia 14; Zwartkop 18, Middelburg 0; Montana 27, Ben Vorster 20.

o.14: Nelspruit 40, Transvalia 10; Middelburg 66, Zwartkop 0; Montana 12, Ben Vorster 8.

KYK WEER: 

Nelspruit vs Transvalia - http://bit.ly/DigiNelspruit.
Zwartkop vs Middelburg - http://bit.ly/DigiZwartkop

[powr-comments id="cc946037_1621162359465"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.