Transvalia moet verby die Gates kom in eerste ronde van Virsekerbeker

Written by Hannes Nienaber

NewsGNelspruit School of Rugby | Transvalia moet verby die Gates kom in eerste ronde van Virsekerbeker - School of RugbyIndien die Hoërskool Transvalia sy aanslag op vanjaar se Virsekerbeker se Plaat-kompetisie op 'n wennoot wil afskop sal hy eers verby die Gates moet kom.

Transvalia kom Saterdag teen die Hoërskool Nelspruit in Mbombela in die eerste ronde van die kompetisie te staan. Dié wedstryde op die A-veld word regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai - http://bit.ly/DigiTransNel

Nelspruit se losskakel, Christiaan Gates, was tot dusver 'n generaal vir die Rhinos wat tot dusver 'n goeie seisoen op die rugbyveld beleef. Gates het in sy span se vier wedstryde tot dusver 'n allemintige 62 punte aangeteken.

Dit maak hom saam met Paarl Gimnasium se Liam Koen die voorste puntemaker tot dusver op skolevlak in Suid-Afrika. 

Transvalia het nog net een wedstryd tot dusver gespeel teen die Hoërskool Klerksdorp en die knie met 12-26 gebuig. 

Die verdedigende kampioen van die Plaat-kompetisie, Ben Vorster van Tzaneen, sal sy aanslag om sy titel te behou teen Montana in Pretoria afskop. Die Vossies het verlede naweek vir die Hoërskool Pietersburg met 28-5 verslaan.

Die span van Tzaneen het ook tydens die Monnas Eeufeestoernooi in nederlae teen EG Jansen (15-31) en HTS Drostdy (20-34) gewys dat hy bo sy gewigsklas kan boks. 

Die Vossies se buitesenter, Sean Roulston, sal 'n belangrike rol vir sy span gedurende die seisoen weens sy ervaring vertolk. Die losvoorspelers Maynard Kleynhans en Ryno Scheepers sal ook deur Montana hok geslaan moet word indien hulle sukses wil behaal. 

Montana het 'n veel strawwer eerste wedstryd van die seisoen verlede week beleef deur naelskraaps met 29-27 oor Die Anker van Brakpan te seëvier.

Die Hoërskool Zwartkop speel gasheer vir die Hoërskool Middelburg. Die Zwarries het verlede week 'n goeie sege van 42-21 oor Oos-Moot behaal, maar Middies spog self met 'n indrukwekkende sege van 43-7 oor Ermelo op hulle belt. 

Die Hoërskool Rustenburg se kragmeting teen Kempton Park is tot op 'n latere stadium verskuif weens Covid-gevalle by laasgenoemde. 

FOTO: Marius Nortjé

Die spanne is: 

Hoërskool Nelspruit vs Hoërskool Transvalia om 12:20 in Mbombela: 

Hoërskool Nelspruit: 15 Keenan Visser, 14 Brent de Villiers, 13 Drikus Greeff, 12 Ricardo Correira, 11 Luthando Mabuza, 10 Christiaan Gates, 9 Ewan Nieuwoudt, 8 Henru van der Merwe, 7 Christiaan Botha, 6 Udo Cilliers, 5 Leonard Bornman, 4 Gerard Venter, 3 Werner Geldenhuys, 2 Quinn van Zyl, 1 Stephan Veldman. 

Hoërskool Transvalia: 15 Joshua Claassen, 14 Eben Stoop, 13 Lambert Grobler, 12 Wihann McGeer, 11 Sipho Tyapile, 10 Kéan Rossouw, 9 Kian le Roux, 8 Wynand Bezuidenhout, 7 Kyle du Toit, 6 Hendrico van der Merwe, 5 Rethabile Mollo, 4 Theoänder Bence, 3 Pebo Pienaar, 2 Divan Kapp, 1 Rual Stoop. 

Hoërskool Zwartkop vs Hoërskool Middelburg om 12:30 in Centurion: 

Hoërskool Zwartkop: 15 Ruan Chamberlain, 14 Brendan Smith, 13 Corné Erasmus, 12 Juandré de Bruyn, 11 Shawn du Preez, 10 Jarno Snyders, 9 Helgard du Toit, 8 Ric la Marque, 7 Dwain Swarts, 6 Shane Human, 5 Cayden van der Merwe, 4 Lúter Reyneke, 3 Christopher Kruger, 2 SJ Bezuidenhout, 1 Justin van Heerden. 

Hoërskool Middelburg: 15 Chris Bothma, 14 Koysi Monareng, 13 Vuiyani Shabalala, 12 Grant de Jager, 11 Phila Ntshepela, 10 Corné Janse van Vuuren, 9 Paul Steyn, 8 Hanru Jansen (kaptein), 7 Mosiki Ndlaba, 6 Zander Steyn, 5 Ben Janse van Vuuren, 4 Jason Smit, 3 Tshepang Moloto, 2 Josh Johnston, 1 Calvin van Niekerk. 

Hoërskool Montana vs Ben Vorster om 13:20 in Pretoria: 

Hoërskool Montana: 15 Ryan Ungerer, 14 Eric Sutherland, 13 Lihen du Preez, 12 Marco Groenewald, 11 Ruan du Toit, 10 Tiaan Kritzinger, 9 Jahno Lehman, 8 Marco van Baalen, 7 Morné Stassen, 6 Coenraad Breytenbach, 5 Ryan Herbst, 4 Armandt de Beer, 3 Divan Beyers, 2 Divan van Rooyen, 1 Rynhardt Pretorius.

Hoërskool Ben Vorster: 15 Tsegofatso Ramaloko, 14 Erich Ackerman, 13 Sean Roulston, 12 Du Toit Hartzenburg, 11 Ndzalama Twala, 10 Nhlamulo Shilubane, 9 Eugene van der Heever, 8 Maynard Kleynhans, 7 Ryno Scheepers, 6 Bradley Mokwena, 5 Erno Botha, 4 Tebogo M'Khomazi, 3 Nicky Grobler, 2 Shaun Matthyshen, 1 Khutso Terwey. 

[powr-comments id="14568bde_1620981789773"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.