Witteberg karnuffel vir Eldoraigne, terwyl die Rustenburg vir Gimmies stamp

Written by Hannes Nienaber

NewsGWittebergspan School of Rugby | Witteberg karnuffel vir Eldoraigne, terwyl die Rustenburg vir Gimmies stamp - School of RugbyDie Hoërskool Witteberg van Bethlehem het 'n klinkende sege van 48-7 oor die Hoërskool Eldoraigne van Centurion op laasgenoemde se tuisveld behaal. 

Die Wittes se flank Ivan Putter was die grootste doring in Eldos se vlees. Die sege deur die span van Bethlehem sal 'n hele paar van sy teenstanders vanuit die Noord-Vrystaat laat regop sit het. 

Witteberg het teen die omdraaislag reeds met die telling op 19-7 beheer van die wedstryd geneem. 

Die ander span van Bethlehem, Voortrekker, het Saterdag in Welkom vir die Goudveld-Hoërskool met 32-14 die loef afgesteek. Daar was teen rustyd niks tussen die twee spanne met die telling op 7-elk te kies nie. 

Die Trekkers het egter in die tweede helfte daarin geslaag om na 'n hoër rat oor te skakel. Die span se Dendré Aucamp het 17 punte tot die sege bygedra. Hy het een van sy span se vier drieë gedruk, drie daarvan verdoel en ook twee strafdoele oorgeklits.

Welkom Gimnasium het op sy tuisveld sy rieme teen die Hoërskool Rustenburg styf geloop. Rustenburg het die kragmeting tussen die twee spanne met 33-31 gewen. 

Gimmies het na slegs vier minute se spel reeds 'n voorsprong van 12-0 geniet, maar kon ongelukkig nie hul pas volhou nie. Die span se agtsteman en kaptein, Calla Pienaar, asook die losskakel, Donovan Don, het vir die verloorspan uitgeblink.

Rusties se beste speler was sy buitesenter, Storm von Plaster. Vir rugbyondersteuners van Welkom sal die van 'n klokkie lui, want Von Plaster se pa Vincent von Plaster het in 1993 Goudveld se eerste span aangevoer asook die Noord Vrystaat op die Cravenweek in 1992 en 1993 as 'n flank verteenwoordig.  

Storm se sentermaat, Colin de Lange, was self op sy stukke en het twee keer oor die doellyn geduik. Die haker, Michael Pieterse, het soos gewoontlik weer in die los gewoel.

HTS Sasolburg se losskakel, Kea Matoane, het koelkop gebly om 'n strafdoel deur die pale te jaag om aan sy span 'n sege van 20-17 oor Hentie Cilliers van Virginia te besorg. Die Spanners moes hard in die tweede helfte werk om die sege 'n moontlikheid te maak. Henties het met die omdraaislag 'n voorsprong van 12-3 geniet. 

Matoane het twee jaar gelede die Valke op die Grant Khomo-week verteenwoordig en behoort vanjaar weer 'n sterk aanspraakmaker op 'n plek in die unie se Cravenweek-span te wees. 

Puntemakers: 

Witteberg 48 (19) - Drieë: Ashton Diedericks (2), Xavier Lotter, Bradley Saptou, Enrico Jansen, Waldo Strydom, TJ van Zyl, Ruan Zaaiman. Doelskoppe: Van Zyl (3), Curtley Smith. Eldoraigne 7 (7) - Drie: Cian Spies. Doelskop: Brandon Bosch. 

Voortrekker 32 (7) - Drieë: Christian Klopper, Dendré Aucamp, Ruben Kruger, Evert Oliver. Doelskoppe: Aucamp (3). Strafdoele: Aucamp (2). Goudveld-Hoërskool 14 (7) - Drieë: Leroy Millar, Ruan van Niekerk. Doelskoppe: Van Niekerk (2).

Hoërskool Rustenburg 33 - Drieë: Collin de Lange (2), Storm van Plaster, Edrick van Tonder, Refentse Moabi. Doelskoppe: Moabi (4). Welkom Gimnasium 31 - Drieë: Wian Fourie, Donovan Don, Testimony Dodo, Bennie Human, Tristan Appollis. Doelskoppe: Danie Crauwkamp (2), Don.

HTS Sasolburg 20 (3) - Drieë: Ntando Nhlapo, Zane Applegreen. Doelskoppe: Kea Motoane (2). Strafdoele: Motoane (2). Hentie Cilliers 17 (12) - Drieë: Graedon Volschenk, Kamohela Pela, Quinton Persent. Doelskop: Persent.

KYK WEER NA DIE WEDSTRYDE OP DIGITV: 

Voortrekker vs Goudveld - https://www.channels.digitv.co.za/en/trekkertv-rugby

[powr-comments id="57d3f692_1620554309247"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.