Affies los paar velle op die draad teen Welkom Gimnasium

Written by Hannes Nienaber

NewsGWelkomGim School of Rugby | Affies los paar velle op die draad teen Welkom Gimnasium - School of RugbyDie Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se eerste rugbyspan het velle op die draad in sy sege van 31-26 oor Welkom Gimnasium tydens die hoofwedstryd op sy tuisveld van die jaarlikse Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi agter gelaat. 

Affies se Wit Bulle het 'n hele paar benoude oomblikke in die doodsnikke van die wedstryd beleef voor die skeidsregter, Christopher Allison, die eindfluitjie geblaas het om verligting te bring. 

Affies het rustyd ook met 'n voorsprong van 19-12 betree, maar dit was die span van Welkom wat meeste van die speelwerk in die eerste helfte verantwoordelik was.

Dit was veral Gimmies se groot agtsteman en kaptein, Calla Pienaar, wat by die afbreekpunte vir die Wit Bulle probleme besorg het. Hy het telke male hier daarin geslaag om omgekeerde besit te bewerkstellig. 

Hy het ook 'n hele paar kraglopies ingekry. Een daarvan het tot die drie van die heelagter, Donovan Don, uitgeloop. Buiten Pienaar het die slot Divan Danhauser en flank Tsepiso Witzie ook voorlangs meer as hul deel gedoen. 

Affies se beste speler op die dag was sy skrumskakel, Layton Horn, het hy deurgans vra aan Gimmies se verdediging rondom die losskrums gevra. Horn het met 'n steekskoppie die aanvoorwerk vir die senter Ruvan Loock se tweede drie gedoen. Loock was ook uitstaande vir die Wit Bulle. 

Die naam van Affies se agtsteman, Dillon  Smith, verdien ook vermelding. Hy het met sy inklimspel gesorg dat Affies voorlangs in die wedstryd bly. Hy het 'n hele paar meter veld gewen elke keer wat hy in besit geplaas is.

Nog 'n speler wat voorlangs krediet verdien is die haker, Dian Marais. Sy ingooiwerk in die lynstane was waarskynlik die groot verskil tussen die twee spanne. Affies het in die skrums ook die oorhand gehad. 

Puntemakers: 

Affies 31 (19) - Drieë: Ruvan Loock (2), Layton Horn, Adriaan Joubert, Kyle van Niekerk. Doelskoppe: Riaan Gerber (3). Welkom Gimnasium 26 (12) - Drieë: Tshepiso Witzie, Donovan Don, Jeandré Vosloo, Divan Danhauser. Doelskoppe: Bennie Human (3).

[powr-comments id="dee21c1a_1619942752172"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.