Durbies hardloop draaie om Noordheuwel met Horn aan die voorpunt

Written by Hannes Nienaber

NewsGDuncanSteenkamp School of Rugby | Durbies hardloop draaie om Noordheuwel met Horn aan die voorpunt - School of RugbyDie Hoërskool Durbanville beskik vanjaar oor hope talent in sy agterhoede, maar indien hulle nie hul windmakerigheid laat staan nie sal dit hul span nog duur te staan kom. 

Die span het minstens twee drieë weggegooi deur die windmakerigheid tydens sy gemaklike sege van 36-5 oor die Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp tydens die laaste dag van die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi in Pretoria.

Teen 'n sterker span in strawwer wedstryd sou die gesindheid 'n nederlaag beteken het. Die span se hoofafrigter, Hans Coetzee, sou gewis ook nie tevrede met die vebroude kanse gewees het nie.

Die span se haastige vleuel Levandré Horn het 'n driekuns aan drieë teen sy voormalige span behaal. Horn het met dié driekuns boonop die toernooi met nege drieë in sy span se twee wedstryde afgesluit. 

Die wenspan se heelagter, Khirwan Erasmus, het ook gewys dat hy op die aanval 'n doring in die vlees van menigte spanne sal wees. Hy het self twee keer die doellyn oorgesteek.

Voorlangs het die flank Guhan du Bois harde werk verrig, hy is vir sy spel met die toekenning as Speler van die Wedstryd beloon. 

Die eerste drie wat deur Durbanville verbrou is was toe die binnesenter, Corné Oliphant, agter die pale ingehardloop het en saam met Horn die drie wou druk. Hy het egter nie gesien dat Noordheuwel se heelagter, Sherwin Daniels, agter hom was nie. Fouché het die bal uit Oliphant en Horn se hande geduik. 

Die plaasvervanger-losskakel, Herschelle Goodman, wat vir Oliphant vervang het maar op losskakel ingeskuif het, het op 'n slag Noordheuwel se verdediging oopgekloof. Goodman sou gemaklik afgerond het, maar het besluit om die bal vir die man uit te gee wat op losskakel begin het, Duncan Steenkamp, wat toe nog drie verdedigers moes klop en toe die bal aangeslaan het toe hy dit agter die doellyn probeer plaas. 

Vir Noordheuwel het Daniels en die agtsteman en kaptein, Hardus Nortjé, goed vertoon. 

Puntemakers: 

Hoërskool Durbanville 36 (17) - Drieë: Levandré Horn (3), Khirwan Erasmus (2), Iwaan Bloys. Doelskoppe: Duncan Steenkamp (2), Herschelle Goodman. Noordheuwel 5 (0) - Drie: Goitse Tsimakwane.

[powr-comments id="b3984901_1619860915004"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.