Talle groot tweestryde tydens die Monnas Rugbyfees ter feesviering van Eeufees

Written by Hannes Nienaber

Logo-_Final School of Rugby | Talle groot tweestryde tydens die Monnas Rugbyfees ter feesviering van Eeufees - School of RugbyDie Hoërskool Monument se Witbulle sal in die hoofwedstryd van hul skool se 100ste bestaansjaarvieringe teen Glenwood van Durban te staan kom. Die kragmeting sal op Saterdag, 24 April 2021 op die Ras van Rooyen-veld plaasvind. 

Die Monnas Rugbyfees ter viering van die eeufees sal van 23 tot 26 April op die skool se hoofveld in Krugersdorp aangebied word. Nie minder as 24 eerstespanne van regoor Suid-Afrika sal aan die fees deelneem. 

Die hoogtepunt van die eerste dag van die fees sal sonder twyfel die kragmeting tussen Grey-kollege van Bloemfontein en Paarl Gimnasium wees. Dié wedstryd sal heel moontlik een die die hoogtepunte van die 2021-seisoen wees. 

Die hoofwedstryd op die eerste dag sal tussen die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria en Noord-Kaap van Kimberley wees. Die laaste keer wat die twee spanne mekaar op die rugbyveld ontmoet het, was Northerns met 25-22 op sy tuisveld Pirates in 2011 baas. 

Dit sal boonop ook Affies se eerste keer in jare in aksie op die Ras van Rooyen wees. 

Die spanne wat aan die Barloworld Toyota Menlyn Noord/Suid-toernooi in Pretoria die opeenvolgende week sal deelneem, sal slegs in een wedstryd tydens die Monnas Rugbyfees in aksie wees. Die spanne is Monnas, Affies, Grey-kollege, Paarl Gimnasium, Menlopark, Welkom Gimnasium, Garsfontein, EG Jansen, Helpmekaar, Outeniqua, Noordheuwel en die Hoër Jongenskool Paarl. 

Die vernaamste voorwedstryd van die Monnas Rugbyfees op die Saterdag tussen Paarl Boishaai en Welkom Gimnasium behoort ook vir heelwat opwinding te sorg. Die Gimmies kom tydens die Noord/Suid-toernooi ook teen Affies te staan. Die span van Welkom sal dus een van sy moeilikste toetse op die rugbyveld in jare later vandeesmaand beleef. 

Die bepalings is: 

RAS VAN ROOYEN-VELD

Vrydag, 23 April 2021

17:30 - Affies vs Noord-Kaap
16:00 - Grey-kollege vs Paarl Gimnasium
14:30 - Diamantveld vs Menlopark
13:00 - Garsfontein vs Hoërskool Nelspruit
11:30 - St John's College vs Waterkloof
10:00 - Cherries (Grey-kollege II) vs Paarl Gimnasium II
08:30 - Affies II vs EG Jansen II

Saterdag, 24 April 2021 

17:30 - Monument vs Glenwood
16:00 - Paarl Boys' High vs Welkom Gimnasium
14:30 - HTS Drostdy vs EG Jansen
13:00 - Helpmekaar vs Maritzburg College
11:30 - Outeniqua vs Noordheuwel
10:00 - Stellenberg vs Hoërskool Rustenburg
08:30 - Milnerton vs Northcliff
07:00 - Monument II (Kwaggas) vs Outeniqua II

Monday, 26 April 2021 

15:30 - HTS Drostdy vs Glenwood
14:00 - Hoërskool Rustenburg vs Maritzburg College
12:30 - Pretoria Boys' High vs Diamantveld
11:00 - Noord-Kaap vs Hoërskool Nelspruit
09:30 - St John's College vs Milnerton
08:00 - LSEN vs LSEN III

JAN DE LANGE-VELD

Vrydag, 23 April 2021

11:30 - EG Jansen II vs Noordheuwel II
10:00 - Garsfontein II vs Paarl Boishaai II

Saterdag, 24 April 2021

16:00 - Helpmekaar II vs Welkom Gimnasium II
14:30 - Rustenburg II vs Menlopark II
13:00 - Paarl Boishaai o.16 vs Glenwood o.16
11:30 - Grey-kollege o.16 vs Monument o.16
10:00 - Grey-kollege III (Peaches) vs Monument III
08:45 - Grey-kollege o.15 vs Monument o.15
07:30 - Grey-kollege o.14 vs Monument o.14

Maandag, 26 April 2021

15:00 - Monument o.16 vs Glenwood o.16
13:30 - Grey-kollege o.16 vs Helpmekaar o.16
12:00 - Paarl Boishaai o.16 vs Rustenburg o.16
10:30 - Grey-kollege III (Peaches) vs Rustenburg II
09:15 - Grey-kollege o.15 vs Helpmekaar o.15
08:00 - Grey-kollege o.14 vs Helpmekaar o.14

[powr-comments id="e21f855e_1617965830810"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.