Noord Suid Derby sal in 2021 'n makietie op en van die veld wees

Written by Hannes Nienaber

AfrimatNoordSuid School of Rugby | Noord Suid Derby sal in 2021 'n makietie op en van die veld wees - School of RugbyHTS Drostdy sal volgende jaar weer die gasheer van die jaarlikse Noord Suid Derby in Worcester wees. Die toernooi sal vir die sewende keer aangebied word. 

Die Noord Suid Derby sou vanjaar een van die hoogtepunte tydens Worcester se 200ste bestaansjaarvieringe gewees het. Die Covid-19 pandemie het egter al die wonderlike planne wat in plek was in die wiele gery. 

Die voormalige Springbok-afrigter en huidige breier van die Blou Bulle, Jake White, was saam met Kobus Wiese, Vanes-Mari du Toit en Sheldon Rostron gaste tydens die aankondiging van die spanne wat aan die toernooi gaan deelneem. 

White en Wiese is natuurlik Wêreldbeker-wenners, terwyl Du Toit se man Matthew Proudfoot ook verlede jaar 'n medalje as Wêreldbeker-kampioen verower het. White was natuurlik vroeër vanjaar voor sy aanstelling by die Ligbloues as konsultant by HTS Drostdy se rugby betrokke. 

Die Noord Suid Derby groei sonder twyfel van krag-tot-krag met hokkie en netbal wat ook deel van die fees van sport sal uitmaak. Meer as 2 000 jong sportsterre sal volgende jaar in Worcester tydens die fees in aksie wees.   

Die skole wat in 2021 aan die Noord Suid Derby gaan deelneem is:  

Noord: Ben Vorster, Hoërskool Middelburg, Marais Viljoen, Secunda, Transvalia, Lichtenburg, Klerksdorp.

Suid: HTS Drostdy, Tygerberg, Fairmont, New Orleans, HTS Daniël Pienaar, Worcester Gimnasium, Kearsney College, Brackenfell.

LEES MEER: 

Noord Suid Derby se bepalings vir 2020 bekend
Noord Suid Derby gaan help glans gee aan Worcester se 200ste bestaansjaarvieringe

[powr-comments id="3832d359_1598544572292"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.