Geldenhuys sal voortaan die sweep by Grey-kollege se trots klap

Written by Hannes Nienaber

JannieGeldenhuys School of Rugby | Geldenhuys sal voortaan die sweep by Grey-kollege se trots klap - School of RugbyDie druk as hoofafrigter van Suid-Afrika se rugbyfabriek, Grey-kollege van Bloemfontein, sal voortaan op die breë skouers van Jannie Geldenhuys rus. Geldenhuys is gisteraand tydens die nuutste episode van die Grey Bom op GreyTV via die DigiTV.co.za platform deur die skoolhoof, Deon Scheepers, as Grey se nuwe hoofafrigter bekend gestel. 

Gaan kyk gerus na die episode op GreyTV deur die volgende skakel te volg - https://digitv.co.za/#/video/24779/30971/Vod

Meer as 70 aansoeke is vir die pos ontvang het Geldenhuys het sterk kandidate soos Pote Human, Barend Pieterse, MJ Mentz en Jonathan Mokuena afgestof wat almal senior provinsiale afrigters in Suid-Afrika is. 'n Paneel wat die oud-Springbokke en alumni van Grey, Naka Drotské en Helgard Muller, insluit asook 'n span konsultante wat André Swanepoel, Jacques Nienaber, Philip Snyman en Gerrie Swart was deel van die proses. 

Geldenhuys rig sedert 2013 die Bloemfonteiners se o.16-rugbyspan af. Hy het dus in dieselfde voetspore as sy voorganger, Wessel du Plessis, gestap wat ook vir lank Grey se o.16-span (2006-2012) gebrei het. Du Plessis het vroeër vanjaar besluit om die Rosestad vir Pretoria te verruil waar hy aan hoof van die Blou Bulle se junior rugby sal staan. 

Geldenhuys was 'n lid van een van Grey se beste spanne in sy geskiedenis - die 2007 groep van Robert Ebersohn wat nie net destyds sy seisoen onoorwonne afgesluit het nie, maar ook die jaar as die voorste skolespan in Suid-Afrika afgesluit het.

Hy het ook in sy matriekjaar die Vrystaatse Cravenweek-span verteenwoordig wat die Westelike Provinsie met 'n rekordtelling van 52-3 in die hoofwedstryd verslaan het. Dié rekord het intussen in die slag gebly.

Geldenhuys is ook tans huisvader by Murray-huis en was in 2007 een van Brill-huis se prefekte. 

[powr-comments id="24705c80_1598373947904"]

X

Function disabled

Right click disabled - please refresh page to continue.