Vossies bo op puntelys na Montana die eerste keer gly

Written by Hannes Nienaber

NewsGBenVorster1 School of Rugby | Vossies bo op puntelys na Montana die eerste keer gly - School of RugbyBen Vorster beklee nou die boonste posisie op die puntelys na sy sege van 35-25 oor die Hoërskool Rustenburg, nadat Montana sy eerste nederlaag van die Virsekerbeker se Plaat-kompetisie teen Marais Viljoen (28-38) op die lyf geloop het. 

Die Vossies het egter een wedsryd meer as Montana gespeel, maar die span van Tzaneen se sterte is ongetwyfeld in die lug na twee goeie seges die afgelope twee weke oor onderskeidelik Marais Viljoen (30-26) en Rustenburg. 

Die Vossies se flank Renzo du Plessis sal volgende jaar 'n skrikbewind op die rugbyveld voer indien hy sy voete plat op die aarde hou. Du Plessis was verwoestend teen Rustenburg op die aanval sowel as die verdediging.

Die kantman is nog in graad 11 en het tot dusver 'n rits indrukwekkende vertonings opgedis. Die agtsteman, Doran Kleynhans, was ook soos gebruiklik 'n doring in die vlees van die teenstanders met sy kragtigre lopies. 

Kleynhans se besluitneming gedurende die wedstryd was ook van hoogstaande gehalte. Die skakelpaar, Tiaan Meintjies en Lehann Marais, het spel goed takties dikteer. 

Marais Viljoen se losskakel, Anru Pienaar, was aan die voorpunt van sy span se sege van 38-28 oor Montana. Pienaar het 20 van sy span se punte via 'n drie, drie doelskoppe en drie strafdoele aangeteken. Dit was Montana se eerste nederlaag van die reeks. 

Puntemakers: 

Ben Vorster 35 (14) - Drieë: Doran Kleynhans (2), Renzo du Plessis, Nathan van den Heever, Leonard Joubert. Doelskoppe: WC Kriel (5). Hoërskool Rustenburg 25 (19) - Drieë: Estiaan van Tonder, Bryan du Plessis, JP Botha. Doelskoppe: Wiehan Kruger (2). Strafdoele: Kruger (2). 

Marais Viljoen 38 - Drieë: FC Kotze, Derik van Zyl, Dhane Dippenaar, Anru Pienaar. Doelskoppe: Pienaar (3). Strafdoele: Pienaar (3). Skepdoel: Rehan le Maitre. Montana 28 - Drieë: Gerhard van Niekerk (2), Jooste Nel, Joe Adlem. Doelskoppe: Franco Stassen (2), Jos Farrel (2).

Ander spanne:

o.16: Rustenburg 38, Ben Vorster 17; Montana 22, Marais Viljoen 17.

o.15: Ben Vorster 38, Rustenburg 26; Marais Viljoen 21, Montana 0.

o.14: Rustenburg 29, Ben Vorster 12; Marais Viljoen 8, Montana 6.   

[powr-comments id="62d6c644_1559473751357"]