Die Hoërskool Monument is besig om te red wat te redde is, om steeds volgende week 'n rugbyfees ter viering van die skool se 100ste bestaansjaar te vier. Die skool se rugby breintrust met Tjaart van der Walt en Wynand Moolman is hard besig om alles in plek te sit sodat die skool steeds volgende week 'n rugbyfees aan te bied.
Die fees wat gekanseleer is, sou deur die SA Schools Challenge Trust onder voorsitterskap van Bart Schoeman aangebied word. Nog 'n lid van die bestuur van die SA Schools Challenge Trust, Carl Fabian, het gister tydens 'n vergadering besluit om te bedank na hulle nie 'n borg vir die toernooi kon verseker nie.
Die SA Schools Challenge Trust het in 'n verklaring op Fabian se webblad, Ruggas.co.za, genoem dat...