Monnas Eeufees beloof om vir vele hoogtepunte te sorg
Skolerugby gaan vanjaar nie op ‘n drafstap wegspring nie, maar liewer soos ‘n ronde uit ‘n geweer.
Die Monnas Eeufees-rugbytoernooi gaan seker maak dat sake op ‘n hoë noot begin. Die Hoërskool Monument is nou self die organiseerder en het selfs ook daarin geslaag om ‘n beduidende borgskap van Blue Ribbon vir die fees te kry.
Al die wedstryde van die fees sal regstreeks op DigiTV uitgesaai word.
Maritzburg College en die Hoërskool Diamantveld is die enigste twee skole, wat oorspronklik aan die gekanseleerde fees wat deur die SA Schools Challenge Trust gereël sou word, wat nie die naweek in Krugersdorp in aksie sal wees nie.
Ben Vorster van Tzaneen sal wel nou die geleentheid kry om aan die fees deel te neem. Die Vossies kom teen Menlopark en Glenwood in sy twee wedstryde in Krugersdorp te staan.
Monnas se Wit Bulle sal steeds in die hoofwedstryd van die fees teen Glenwood van Durban kragte meet. Die ander groot wedstryd waarvoor menigte ondersteuners hul lippe sal aflek is dié een tussen Grey-kollege en Paarl Gimnasium.
Die bepalings is:
RAS VAN ROOYEN
Vrydag, 23 April 2021
19:00 – EG Jansen vs HS Drostdy
17:30 – Affies vs Noord-Kaap
16:00 – Grey College vs Paarl Gimnasium
14:30 – Menlopark vs Ben Vorster
13:00 – Garsfontein vs Nelspruit
11:30 – St John’s College vs Waterkloof
10:00 – Grey College II (Cherries) vs Paarl Gimnasium II
08:30 – Affies II vs EG Jansen II
JAN LANGE
11:30 – Menlopark II vs Rustenburg II
10:00 – Garsfontein (Grizzlies) II vs Paarl Boys’ High II
08:30 – Waterkloof II vs Noordheuwel II
Saterdag, 24 April 2021
RAS VAN ROOYEN
17:30 – Monument vs Glenwood
16:00 – Paarl Boys’ High vs Welkom Gimnasium
14:30 – Helpmekaar vs Stellenberg
13:00 – Outeniqua vs Noordheuwel
11:30 – Pretoria Boys’ High vs Hoërskool Rustenburg
10:00 – Milnerton vs Northcliff
08:30 – Monument II (Kwaggas) vs Outeniqua II
JAN LANGE
13:15 – o.16 – Monument vs Grey College
12:00 – o.16 – Paarl Boys’ High vs Glenwood
10:45 – o.15 – Monument vs Grey College
09:30 – o.14 – Monument vs Grey College
08:00 – o.19B – Helpmekaar vs Welkom Gimnasium
Maandag, 26 April 2021
RAS VAN ROOYEN
16:00 – Glenwood vs Ben Vorster
14:30 – o.16 – Monument vs Glenwood
13:00 – HTS Drostdy vs Hoërskool Rustenburg
11:30 – Noord-Kaap vs Hoërskool Nelspruit
10:00 – St John’s College vs Milnerton
08:30 – Elandspark LSEN vs Goudwes LSEN
JAN LANGE
12:00 – o.16 – Helpmekaar vs Grey College
10:40 – o.16 – Paarl Boys’ High vs Rustenburg
09:20 – o.15 – Helpmekaar vs Grey College
08:00 – o.14 – Helpmekaar vs Grey College
[powr-comments id=”becf14d0_1618820732727″]
Comments