Thursday, August 18, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Minnaar held in Potch Gimmies se sege in Virsekerbeker

By Hannes Nienaber , in News , at 16 August 2017

31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

Potchefstroom Gimnasium se eerste rugbyspan het Saterdag tydens die kwarteindronde van die Virsekerbeker vir Grootskole waarskynlik die mees noemenswaardige sege behaal deur Secunda weg van die huis met 29-25 te troef.

Secunda het op sy tuisveld teen rustyd reeds ‘n stewige voorsprong van 22-3 opgebou. In die tweede helfte was daar slegs een span op die veld met Gimmies se linkervleuel, Johan Minnaar, wat drie keer side doellyn in die helfte oorgesteek het.

Gimmies sal eerskomende Saterdag teen Transvalia om ‘n plek in die eindstryd sake uitspook. Transvalia het sy plek in die halfeindronde met ‘n wegholsege van 64-0 oor Dinamika van Alberton bespreek.

Die span van Vanderbijlpark se heelagter Ian Herbst, vleuels Xander van der Walt en Mpho Ntsane, asook die slot Jacques Myburgh het elk twee keer Dinamika se doellyn oorgesteek. Die losskakel, Zian de Jager, het sewe van sy span se tien verdoel.

Die gunsteling, Helpmekaar-kollege, moes heelwat harder werk as verwag om Dr. Malan van Meyerton met 45-10 te verslaan. Helpies se buitesenter, Jeremy Randell, het sy terugkeer met ‘n driekuns aan drieë gevier.

Randell het die vorige week se uitspeelwedstryd teen Lichtenburg (89-28) weens siekte misgeloop, maar het met sy terugkeer gewys dat die nr.13-trui aan hom behoort. Die man wat sy skoene teen Lichtenburg moes volstaan, Brandon Keevy, het egter die vorige week ook gewys wat in hom steek.

Dr. Malan verdien lof vir die feit dat hulle nooit gaan lê het nie. Dit was veral die flank Ninno Hattingh wat met sy inklimspel vir Helpies hoofbrekens veroorsaak het. Helpies moes ook sonder sy kaptein en flank, Mark Snyman, klaarkom. Sy teenwoordigheid is duidelik gemis en hy sal weer weens sy verpligtinge by die SA Skole-span die Saterdag se halfeindstryd teen Oos-Moot misloop.

Oos-Moot het in ‘n opwindende kragmeting teen Limpopo se kampioen, Frikkie Meyer, van Thabazimbi met 37-33 as oorwinnaars van die veld gestap. Oos-Moot se ster binnesenter, Edmund Ludick, was soos meeste kere aan die voorpunt van sy span se sege. Ludick het 25 van sy span se punte met ‘n drie, vier doelskoppe en vier strafdoele aangeteken.

Die span se agtsteman, Eduan Swart, het ook met sy kraglopies vir Frikkie Meyer probleme besorg. Swart wat gewoontlik op haker sak het twee keer die doellyn oorgesteek. Vir Frikkie Meyer het twee van sy spelers Mike Payne en Nelson Mammabolo dubelle driedruk-plesier ervaar.

Puntemakers:

Helpmekaar-kollege 45 (19) – Drieë: Jeremy Randell (3), Frederick van Deventer (2), Alec Skudder, Ruhan Viviers. Doelskoppe: Tristan Oosthuizen (5). Dr. Malan 10 (5) – Drieë: Stephan Visagie, Wynand Viljoen.

Transvalia 64 (38) – Drieë: Ian Herbst (2), Xander van der Walt (2), Mpho Ntsane (2), Jacques Myburgh (2), Elrich Louw, Reinhard Nel. Doelskoppe: Zian de Jager (7). Dinamika 0.

Oos-Moot 37 – Drieë: Eduan Swart (2), Julian Kokt, Eddie Ludick. Doelskoppe: Ludick (4). Strafdoele: Ludick (4). Frikkie Meyer 33 – Drieë: Mike Payne (2), Nelson Mammabolo (2), William Thulare. Doelskop: Mammabolo. Strafdoele: Thulare (2).

Potchefstroom Gimnasium 29 (5) – Drieë: Johan Minnaar (3), Waldouw Smit, Dirkie Louw. Doelskoppe: Vernon Charslund, Minnaar. Secunda 25 (25) – Drieë: Larnus Steyn, Lieburt Meintjies, Nathan Carstens. Doelskoppe: Steyn, Tyron Ferreira. Strafdoele: Steyn, Ferreira.

Ander spanne:

o.16: Ligbron 26, Hoërskool Pietersburg 25; Hoogenhout 17, Ben Viljoen 15; Oos-Moot 29, Frikkie Meyer 21; Helpmekaar 73, Heidelberg Volkskool 10.

o.15: Rob Ferreira 53, Merensky 5; Ben Vorster 27, Oos-Moot 3; Transvalia 29, Hoërskool Alberton 0; Hel[pmekaar 37, Hans Moore 14.

o.14: Ligbron 75, Ben Vorster 7; Hoërskool Pietersburg 52, Midstream College 7; Helpmekaar 14, Heidelberg Volkskool 3.

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!