Kan Trekkers hom deurtrek teen Tralies in Wesgrow-halfeindstryd?
Alhoewel die Hoërskool Sentraal die veld met ‘n kortkoppie as gunsteling teen Voortrekker van Bethlehem in die halfeindronde van die Wesgrow-reeks betree, sal hy nie te oorgerus vir die wedstryd wees nie.
Die kragmeting word op Shimlapark in Bloemfontein beslis. Dit word ook regstreeks op DigiTV.co.za uitgesaai.
Die Tralies het vanjaar al vir Witteberg (57-17) en Jim Fouché (49-22) behoorlik afgestof waarteen die Trekkers ook in aksie was. Die span van Bethlehem was onderskeidelik teen Witteberg (24-16) en Jim Fouché (58-24) ook aan die wenkant.
Die Bloktruie van Sentraal se sleutelspelers sal sy agtsteman, Janko Kachelhoffer, die losskakel Francois van Rooyen en die regtervleuel, Tony Augus wees. Daar kan ook verwag word dat die slot Frans-Noë Erasmus woellig in die los sal wees.
Sentraal se afrigter, Riaan van Straten, sou sonder twyfel ‘n paar planne beraam het om die Trekkers se binnesenter, Duncan Amsterdam, hok te slaan. Amsterdam het soveel met sy spel en hardlooplyne tydens die onlangse Cravenweek in Bloemfontein beïndruk dat hy ‘n sterk aanspraakmaker is om volgende maand een van die nasionale skolespanne te verteenwoordig.
Amsterdam se sentermaat, Frans Postma, is ook ‘n skitterende speler en indien die twee aan die gang kom kan die gevaarlike vleuel Xavier Adams in die spasie baljaar.
Noord-Kaap kom in die ander halfeindstryd teen Goudveld-Hoërskool te staan. Die kragmeting word een volgende Woensdag beslis. Northerns moes nog sy liga-verpligtinge Dinsdag teen Witteberg in Bethlehem met ‘n sege van 33-31 voltooi. Die span se Devanito Vergotini het ‘n driekuns aan drieë in die sege voltooi.
Gouties is boonop Saterdag teen Welkom Gimnasium in die twee skole se jaarlikse interskole in aksie.
Die spanne is:
Voortrekker (Bethlehem) vs Sentraal (Bloemfontein) om 14:40
Voortrekker: 15 Jan du Toit, 14 Xavier Adams, 13 Frans Postma, 12 Duncan Amsterdam, 11 Peter Mofokeng, 10 Cammy Roux, 9 Eddie Jackson, 8 Justin Kritzinger, 7 Thabiso Mofokeng, 6 JP Bertram, 5 Estian Louw, 4 Steyl Barnard, 3 Kamshen Moss, 2 Bjorn Steinhobel, 1 Warren Louw.
Sentraal: 15 Giovanne Venter, 14 Tony Augus, 13 Riekerd van Niekerk, 12 Francois du Plessis, 11 Ntsebe Lechesa, 10 Francois van Rooyen, 9 Kobus du Plessis (kaptein), 8 Janko Kachelhoffer, 7 Erhard Posthumus, 6 Dian Venter, 5 Frans-Noë Erasmus, 4 Pietman Oosthuizen, 3 Deon Duvenhage, 2 Johan Bothma, 1 Kotie Herold.
Diamantveld vs Fichardtpark om 13:20
Diamantveld: 15 Keanan Beckett, 14 Charl Burger, 13 Cole Arnoldus, 12 Sean Harding, 11 Danie Botha, 10 Morné Matthewson, 9 Dennie Ludick, 8 Stefan Swart, 7 Ryno van Rensburg, 6 Sello Maketlo, 5 Llewellyn Stadler, 4 Niel Swartz, 3 Rudolph Steinmann, 2 Louis Vermeulen, 1 Anrich Rosenstrauch.
Fichardtpark: Nie beskikbaar.
Witteberg vs Jim Fouché om 12:00
Witteberg: 15 Henrico van Rensburg, 14 Hannes van Eeden, 13 Tumelo Mofokeng, 12 Christiaan van der Riet, 11 Marinus Minnaar, 10 Du Toit van Huysteen, 9 Gyan Ackeer, 8 Zac Barnard, 7 Hardy van Graan, 6 Marnus Nel, 5 Gerik Oosthuizen, 4 Fritz Crous, 3 Hardus Myburgh, 2 Philleo Lodewyk, 1 Christiaan van Deventer.
Jim Fouché: 15 Elrich Jacobs, 14 Duncan Watkins, 13 Zane Bester, 12 Zachery Bester, 11 Behan Vermaak, 10 Revaldo Maurice, 9 Ryan George, 8 Rudie Lambrechts, 7 Giovanni Rayners, 6 Michael Bekker, 5 Handré Hayes, 4 Wessel Mulder, 3 Thato Lecoko, 2 Damian Calitz, 1 Mamello Mocshaliba (kaptein).
Die bepalings:
Shimlapark
B-veld
08:30 | o.16A | Sentraal vs Jim Fouché |
09:40 | o.16A | Witteberg vs Voortrekker |
10:50 | o.16A | Diamantveld vs Sentraal |
12:00 | o.19C | Witteberg vs Jim Fouché |
13:10 | o.19C | Diamantveld vs Fichardtpark |
14:20 | o.19C | Voortrekker vs Sentraal |
C-veld
08:30 | o.15B | Jim Fouché vs Fichardtpark |
09:30 | o.15B | Voortrekker vs Witteberg |
10:30 | o.15A | Fichardtpark vs Jim Fouché |
11:30 | o.15A | Sentraal vs Voortrekker |
12:30 | o.15A | Diamantveld vs Witteberg |
13:30 | o.16B | Voortrekker vs Witteberg |
14:30 | o.16B | Sentraal vs Diamantveld |
D-veld
08:30 | o.14B | Jim Fouché vs Witteberg |
09:30 | o.14B | Voortrekker vs Sentraal |
10:30 | o.14A | Jim Fouché vs Witteberg |
11:30 | o.14A | Noord-Kaap vs Diamantveld |
12:30 | o.14A | Voortrekker vs Fichardtpark |
[powr-comments id=”8b004cc5_1562934161762″]
Comments