Friday, August 19, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


OPGEDATEER: Hier is die SA Skole-spanne van 2022

By Hannes Nienaber , in News , at 8 July 2022 Tags:

KAAPSTAD. – Grey-kollege van Bloemfontein het met vyf verteenwoordigers die meeste spelers in die Suid-Afrikaanse Skole-span van 2022.

Dit is ondanks die feit dat die Vrystaters nog nie vanjaar op die 57ste Cravenweek vir hoërskole ‘n wedstryd op die week kon wen nie.

Dié rede hoekom die twee nasionale skolespanne vanjaar so vroeg bekend gemaak word, is omdat die spelers in die Moederstad sal agterbly om op Saterdag, 16 Julie teen mekaar kragte te meet.

Die twee nasionale skolespanne sal ook in Augustus  op die 19de, 23ste en 27ste in ‘n internasionale reeks sake teen onderskeidelik Engeland en Frankryk uitspook.

Volgens die SA Skole-keurders moet Hilton College ook vanjaar onder die voorste drie skolespanne in Suid-Afrika tel. Hilton het met drie spelers die tweede grootse verteenwoordiging in die SA Skole-span.

Die grootste skok in die weglating van Selborne College en Grens se flank, Tiaan Jacobs, wat in albei sy span se wedstryde as die Speler van die Wedstryd aangewys is. Nie ‘n enkele speler van die Pumas, wat ook nog ‘n onoorwonne op die toernooi is, is as goed genoeg vir enige van die twee spanne geag nie.

St. John’s College van Johannesburg (Joshua Boulle en Junior Leotlela), die Hoërskool Garsfontein van Pretoria (Steven Nel en Michail Damon) en die Hoër Jongenskool Paarl (Thurlon Williams en Matthew Fick) het elk ook twee verteenwoordigers in die SA Skole-span.

Die nasionale skolespan sal deur Katleho Lynch (St. John’s College)  en James Winstanley (Kingswood College) gebrei. Dean Moodley (Kearsney College) is die spanbestuurder.

Die naasbestes, die SA Skole-span, word deur Cobus van Dyk (Waterkloof) en Lwazi Zanqua afgerig, terwyl Jimmy Jimlongwe van die Vrystaat sal die spanbestuurder wees.

Na die aanvaklike aankondiging moes Paul Roos Gimnasium en die WP XV-tal se buitesenter, Jurenzo Julies, weens ‘n besering onttrek. Julius word in die SA Skole-span deur Shah-Jehaan de Jongh vervang. De Jongh se plek in die SA Skole-span word deur Antonio Bruiners van SWD ingeneem, terwyl die Valke en EG Jansen se losskakel, Jaydon Bantom, die nuwe gesig in die groep is.

Die spanne is:

SA Skole

15 Michail Damon (Garsfontein, Blou Bulle), 14 Alfondso Isaacs (Grey-kollege, Vrystaat), 13 Litelihle Bester (Maritzburg College, Sharks), 12 Joshua Boulle (St. John’s College, Goue Leeus), 11 Joel Leotlela (St. John’s College, Goue Leeus), 10 Thurlon Williams (HJS Paarl, WP), 9 Steven Nel (Garsfontein, Blou Bulle), 8 Sibabalwe Mahashe (Hudson Park, Grens), 7 Lukas Meyer (Grey-kollege, Vrystaat), 6 Matthew Fick (HJS Paarl, WP), 5 JF van Heerden (Grey-kollege), 4 Thabang Mphafi (King Edward VII, Goue Leeus), 3 Zachary Porthen (Wynberg Boys’ High, WP), 2 Luca Bakkes (Paarl Gimnasium, WP), 1 Sifiso Magwaza (Monument, Goue Leeus). Plaasvervangers: 16 Ethan Bester (Hilton College, KwaZulu-Natal), 17 Ruan Swart (Outeniqua, Suidwestelike Distrikte), 18 Casper Badenhorst (Grey-kollege, Vrystaat), 19 Jack Waterhouse (Hilton College, Sharks), 20 Thomas Dyer (Hilton College, Sharks), 21 Caleb Abrahams (Grey-kollege, Vrystaat), 22 Stehan Heymans (Affies, Blou Bulle), 23 Shah-Jehaan de Jongh (HJS Paarl, WP).

5 Grey College | 3 Hilton College | 3 Paarl Boys’ High | 2 Garsfontein | 2 St. John’s College |  1 Affies  | 1 Maritzburg College | 1 Hudson Park | 1 King Edward VII | 1 Wynberg Boys’ High | 1 Monument | 1 Outeniqua | 1 Paarl Gimnasium 

SA Skole A-span

15 JT Strydom (Outeniqua, SWD), 14 Gino Cupido (Strand, WP XV-tal), 13 Antonio Bruiners (Outeniqua, SWD), 12 Alec McIntyre (Grey-kollege, Vrystaat), 11 Jameel de Jongh (HJS Paarl, WP), 10 Bradley Giddy (Grey-kollege, Vrystaat), 9 Emrique Liedeman (Paarl Gimnasium, WP), 8 Camden-Jay Schoeman (Outeniqua, SWD), 7 Wandile Mlaba (Michaelhouse, Sharks), 6 Max du Pisani (Nico Malan, OP), 5 Keanu Coetzee (Paarl Gimnasium, WP), 4 Danio Botha (Paarl Gimnasium, WP), 3 Nic Snyman (Hilton College, Sharks), 2 Christian Everitt (Durban High School, Sharks), 1 Liyema Ntshanga (Westville Boys’ High, Sharks). Plaasvervangers: 16 Jan Botes (Monument, Goue Leeus), 17 Wilbur Loubser (Paul Roos, WP), 18 Bradley Stanfliet (HJS Paarl, WP), 19 Ulrich van der Westhuizen (Monument, Goue Leeus), 20 Michael Maseti (Queen’s College, Grens), 21 Onelisiwe Fani (Dale College, Grens), 22 Sesethu Mpaka (Queen’s College, Grens), 23 Jaydon Bantom (EG Jansen, Valke).

3 Paarl Gimnasium | 3 Outeniqua | 2 Paarl Boys’ High | 2 Grey College | 2 Queen’s College | 2 Monument | 1 Hoërskool Strand | 1 Nico Malan | 1 Durban High School | 1 Michaelhouse | 1 Westville Boys’ High | 1 Dale College | 1 Hilton College | 1 EG Jansen

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!