School of Rugby

Hier is die bepalings vir Fichardtpark se Sportdag van 2020

FichardtparkDie Hoërskool Fichardtpark en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad sal mekaar vanjaar vir die derde agtereenvolgende keer in die hoofwedstryd van die grootste jaarlikse sportdag in Suid-Afrika die stryd aansê. Die Fichies sal Saterdag daarna mik om vir die derde agtereenvolgende jaar die Rooiskool met die kous oor die kop huis toe te stuur. 

Die Fichies het verlede jaar met 36-12 oortuigend koning gekraai in die hoofwedstryd en in 2018 was hulle naelskraaps met 25-23 baas. Al die wedstryde op die A-veld sal regstreeks op FichieTV op digitv.co.za uitgesaai word.   

Dit is vanjaar die 19de keer dat die sportdag in die Rosestad aangebied sal word. Die sportdag het in 2002 ontstaan en groei elke jaar tot
nog ‘n groter fees van sport.

Jaarliks neem meer as 50 skole aan die sportdag op die rugbyvelde, netbalbane, gholfbaan, tennisbane, hokkiebane en op die skaakbord teen mekaar deel.

Skole kom vanuit vier van die land se nege provinsies – die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Oos-Kaap.

Die eerste skote in vanjaar se Wesgrow-reeks sal ook op die sportdag klap. In die vernaamste voorwedstryd sal die Vrystaatse kampioen, die Hoërskool Sentraal, teen Noord-Kaap van Kimberley te staan kom. Dit sal die Tralies se nuwe Direkteur van Rugby, Ian Campbell-McGeachy, se eerste wedstryd aan stuur van sake wees.  

Die Wolramme van Marlow Landbou sal ook na een jaar se afwesigheid hul terugkeer tot die spordag maak. Die span van Cradock kom teen Louis Botha te staan. Grey-kollege het ‘n XV-tal wat op die dag in aksie sal wees en teen Landboudal van Jacobsdal sake sal uitspook. 

Jim Fouché sal sy seisoen teen Hentie Cilliers van Virginia afskop, terwyl die kragmeting tussen Diamantveld en Wesvalia van Klerskdorp hope vuurwerk behoort op te lewer.  

Die bepalings is: 

Fichardtpark A-veld (o.19A)

16:20 – Fichardtpark vs AHS Kroonstad
15:00 – Sentraal vs Noord-Kaap
13:50 – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
12:40 – Diamantveld vs Wesvalia
11:30 – Marlow Landbou vs Louis Botha
10:20 – Landboudal vs Grey-kollege XV
09:10 – Ficksburg vs Aliwal-Noord
08:00 – St Andrews vs Hoërskool Kroonstad

Fichardtpark B-veld 

16:10 – o.19C – Sentraal vs Landboudal 
15:00 – o.19B – Landboudal vs Louis Botha
13:50 – o.19A – HTS Welkom vs Zastron
12:40 – o.19C – Jim Fouché vs Diamantveld
11:30 – o.16A – Sentraal vs Noord-Kaap
10:20 – o.19B – Sentraal vs Noord-Kaap
09:10 – o.19B – Jim Fouché vs Diamantveld

Fichardtpark C-veld 

16:10 – o.15B – Sentraal vs Landboudal
15:00 – o.16A – HTS Welkom vs Zastron
13:50 – o.16A – Fickburg vs Landboudal
12:40 – o.16B – Jim Fouché vs Diamantveld
11:30 – o.16A – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
10:20 – o.16A – Diamantveld vs Wesvalia
09:10 – o.16A – Fichardtpark vs AHS Kroonstad
08:00 – o.16A – Aliwal-Noord vs Louis Botha

Fichardtpark D-veld 

16:10 – o.15A – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
15:00 – o.15A – Diamantveld vs Wesvalia
13:50 – o.15A – Sentraal vs Noord-Kaap
12:40 – o.15A – Fichardtpark vs AHS Kroonstad
11:30 – o.14A – Fichardtpark vs AHS Kroonstad
10:20 – o.14A – Jim Fouché vs Hentie Cilliers
09:10 – o.14A – Diamantveld vs Wesvalia
08:00 – o.14A –  Sentraal vs Noord-Kaap

Martie du Plessis A-veld

15:00 – o.14B – Jim Fouché vs Diamantveld
13:50 – o.14B – Sentraal vs Landboudal
12:40 – o.14A – Landboudal vs Aliwal-Noord
11:30 – o.15A – Landboudal vs Aliwal-Noord
10:20 – o.15B – Jim Fouché vs Diamantveld
09:10 – o.16B – Sentraal vs Landboudal
08:00 – o.15 – Zastron vs Fichardtpark II

Martie du Plessis B-veld

11:30 – o.19 – Sehunelo vs Fichardtpark III
10:20 – o.15A – HTS Welkom vs Louis Botha
09:10 – o.14 – Louis Botha vs Fichardtpark II

[powr-comments id=”7313183c_1582109622644″]

Scroll to Top