Wednesday, August 10, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Hier is die bepalings van Fichardtpark se jaarlikse Sportdag

By Hannes Nienaber , in News , at 22 February 2019 Tags: , , , , , , , , ,

McDonaldsDie Hoërskool Fichardtpark se eerste rugbyspan sal teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag te staan kom. 

Die Rosestad se rugbyondersteuners kan hulle gereed maak vir nog ‘n opwindende Fichardtpark Sportdag. Nie minder as 55 skolerugby-wedstryde sal op die grootste sportdag in Suid-Afrika beslis word.

Jaarliks neem meer as 50 skole aan die sportdag op die rugbyvelde, netbalbane, gholfbaan, tennisbane, hokkiebane en op die skaakbord teen mekaar deel.

Skole kom vanuit vier van die land se nege provinsies – die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en Oos-Kaap. Dit is vanjaar die 17de keer wat die sportdag aangebied sal word.

Die sportdag het in 2002 ontstaan en groei elke jaar tot nog ‘n groter fees van sport.

Die kragmeting tussen Diamantveld en Goudveld-Hoërskool is die eerste wedstryd in vanjaar se Wesgrow-reeks. Die twee spanne het mekaar verlede jaar ook in die eindstryd van die toernooi gepak. Diamonds het as kampioen met 29-26 uit die stryd verlede jaar getree. 

Die bepalings is: 

McDonalds Fichardtpark A-veld (o.19A)

08:00 – Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter vs Riebeeckstad 
09:10 – Sand du Plesssis vs Wilgerivier
10:20 – Landboudal vs St Andrews (Bloemfontein)
11:30 – Louis Botha vs Noord-Kaap
12:40 – Jim Fouché vs Potchefstroom Volkskool
13:50 – Sentraal vs Welkom Gimnasium
15:00 – Goudveld-Hoërskool vs Diamantveld
16:20 – Fichardtpark vs AHS Kroonstad

McDonalds Fichardtpark B-veld

08:00 – o.19B – Goudveld-Hoërskool vs Diamantveld
09:10 – o.19B – Sentraal vs Welkom Gimnasium
10:20 – o.19B – Jim Fouché vs Potchefstroom Volkskool
11:30 – o.19A – Hoërskool Bloemfontein vs HTS Welkom
12:40 – o.19 – Cathcart vs Landboudal II
13:50 – o.19B – Louis Botha vs Noord-Kaap
15:00 – o.19A – Ficksburg vs Brandfort
16:10 – o.19A – President Steyn vs Aliwal-Noord

[powr-comments id=”03800303_1550919929547″]

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!