Thursday, June 30, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Griffons kies voorlopige span vir Cravenweek

By Hannes Nienaber , in News , at 3 June 2013 Tags: , , , , , , , , ,

DIE Griffons se skolerugbykeurders het hul o.18-span vir die kragmeting eerskomende Saterdag teen die Vrystaat in Welkom bekend gemaak.

Die span sluit vier spelers in wat verlede jaar in Port Elizabeth ook vir die Perses se Cravenweek-span in aksie was.
Die viertal is die flank André Janse van Vuuren, heelagter Sechaba Matsoele, stut Ernie Sumner  en losskakel Shaun Reynolds.

Benewens Reynolds wat in die Goudveld-Hoërskool is, is die ander drie almal leerlinge aan die Hoërskool Voortrekker op Bethlehem. Janse van Vuuren, Reynolds en Matsoele behoort staatmakers vir die Perses op die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole later vanjaar in Polokwane te wees.

Die Griffons sal, soos die Vrystaat, ná hul wedstryd Saterdag in die Noordwes-stadion hul spanne vir die geskiedkundige toernooi finaliseer.

Die kombinasie van Janse van Vuuren, Gerrit Otto en Gregan Hull behoort een van die Noord-Vrystaters se sterk punte te wees.

Die Griffons sal vanjaar weer deur Kassie Kasselman en Roean Bezuidenhout afgerig word. Kasselman is sedert 2009 saam met Johan Malan van Vrede aan die stuur van sake by die span. Wilfred Berling is die spanbestuurder.

Hull en die haker, Cheslin van Rayner, was in 2011 lede van Suid-Westelike Distrikte se o.16-span wat in die hoofwedstryd van die Grant Khomo-week daardie jaar teen Oostelike Provinsie die knie gebuig het. Die Volstruisboere is vanjaar een van die vroeë gunstelinge om in vanjaar se hoofwedstryd van die Cravenweek te speel.

Die Griffons se voorlopige Cravenweek-span is:

Sechaba Matsoele (Voortrekker), Jamie Joseph (Hentie Cilliers), Wessel Hefer (Bothaville), Wian van der Watt (Voortrekker), Jonathan April (Hentie Cilliers), Shaun Reynolds (Goudveld), Eloff Scheepers (Voortrekker), Gregan Hull (Hentie Cilliers), Gerrit Otto (AHS Kroonstad), André Janse van Vuuren (Voortrekker), FP Pelser (Witteberg), Arno Blom, Shane Grobler (albei HTS Welkom), Cheslin van Rayner (Hentie Cilliers), Ernie Sumner (Voortrekker).
Plaasvervangers: Albert Brummer (Welkom-Gimnasium), Kyle Ess, Justin Williams (albei Hentie Cilliers), TP Kleynhans (AHS Kroonstad), Damian May, Riaan Pretorius, Jamille Afrika (almal Hentie Cilliers).

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!