Saturday, August 13, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Goeie en slegte nuus vir die Paarl Interskole van 2021

By Hannes Nienaber , in News , at 11 August 2021 Tags: , , , , , , , , ,

Paarl InterskoleDaar is goeie en slegte nuus uit die Paarl vandag. 

Eerstens die slegte nuus daar sal weer nie vanjaar ‘n Paarlse Interskole wees nie. Die goeie nuus is dat Paarl Gimnasium en die Hoër Jongenskool Paarl mekaar wel op die rugbyveld die stryd sal aansê, maar sonder enige matrieks.

“Die matrieks se rekord-eksamen begin reeds vroeg in September en hul eindeksamen volg kort daarna. Daarom was dit moeilik om alternatiewe datums te vind om ‘n geleentheid van hierdie omvang aan te bied. In ag genome al die omstandighede het die drie skole besluit dat daar geen Paarl Interskole in 2021 sal plaasvind nie,” lui di verklaring van die vyf betrokke skole. 

Die vyf betrokke skole is Paarl Gimnasium, Hoër Jongenskool Paarl, Hoër Meisieskool Paarl, Klein Gimnasium en Klein Boishaai. Al vyf die skole se hoofde het die verklaring onderteking. Die volledige verklaring in Engels kan onderaan die berig gevind word.

Die interskole is verlede jaar vir die eerste keer sedert 1928 onderbreek weens die Covid-19 pandemie wat sedert Maart 2020 in Suid-Afrika woed. Die interskole is die eerste keer in 1915 tussen die skole gehou. Dit word as die grootste interskole ter wêreld gereken. 

Gimmies en Boishaai sal wel teen mekaar later vanjaar sake op die rugbyveld uitspook. Die wedstryde word vir September beplan, maar daar is nog nie ‘n datum vasgemaak nie. Geen matrieks sal in die wedstryde in aksie wees nie. 

Paarl Interskole Kanseleer

[powr-comments id=”aa1990fe_1628677953697″]

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!