Wednesday, August 10, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


EG Jansen, Monnas en Garsies bult spiere in Beeldtrofee

By Hannes Nienaber , in News , at 6 June 2014

Die verdedigende kampioen van die Beeldtrofee vir makroskole, EG Jansen van Boksburg, het reeds vanjaar sy spiere in die Valke-streek gebult.

Ander skole wat in die afdeling ook na vore getree het, is Monument van Krugersdorp, die
HTS Middelburg en Garsfontein van Pretoria.

Hoewel Monnas nog Saterdag teen Marais Viljoen in die Leeu-streek te staan moet kom, behoort die span sake teen Florries in die Leeu-eindstryd uit te spook. Florida het Marais Viljoen Saterdag met 31-12 getroef.

Die hoërskole Nelspruit en Middelburg speel môre in die Pumas-streek se halfeindstryd teen mekaar. Middelburg het Saterdag ’n naelbyt-sege van 11-10 oor die Rhinos van Nelspruit behaal. Die HTS Middelburg se Rooi Bulle het reeds tot die Pumas se eindstryd deurgedring.

Die Garsies het tot dusver alle teenstand weggevee in die Blou Bul-streek. Die kragmeting op 21 Junie tussen Menlopark en Eldoraigne sal waarskynlik bepaal wie die Bulle se vierde span sal wees. Waterkloof en Centurion behoort die tweede en derde plekke in te neem. Die derde en vierde spanne sal teen onderskeidelik Montana en Wonderboom vir ’n plek in die Beeldtrofee se uitspeelrondes uitspeel.

In die afdeling vir groot skole in die Leeu-streek is die Hoërskool Linden nog onoorwonne met 25 ligapunte. Die span se groot stryd teen die Hoërskool Randburg vind volgende Saterdag plaas. Bas­tion is tans in die tweede plek met 18 ligapunte en net een nederlaag – teen Linden.

In dié afdeling in Mpuma-langa is Secunda tot dusver die voorste span in die Laeveld-streek met 218 punte. Generaal Hertzog beklee die tweede plek.

In die Hoëveld-streek is die Hoërskool Standerton (15) en
die HTS Ligbron (13) boaan die puntelys.

In die Luiperd-streek is Lichtenburg die enigste span wat al drie sy wedstryde in die eerste ronde gewen het. Die Hoërskool Klerksdorp, Potchefstroom Gimnasium en Volkskool is egter
almal nog in die kompetisie. Klerksdorp speel Saterdag teen Gimmies.

In die afdeling vir medium skole pak Bekker vir Goudrif in ’n stryd wat sal bepaal wie die tweede plek op die puntelys by die Leeus sal inneem. Trinityhouse het sy boonste plek op die puntelys feitlik reeds verseker.

 

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!