Wednesday, August 10, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Die Brandwag en Liggies pak mekaar in hoofwedstryd in Riversdal

By Hannes Nienaber , in News , at 29 March 2022 Tags: , , , , , , , , ,

NewsG Oakdale RugbyweekDie Brandwag van Uitenhage het met nog ‘n indrukwekkende sege van 27-23 oor die Hoërskool Diamantveld van Kimberley tydens die tweede dag van die Klein Karoo Saadproduksie Rugbyweek wat deur Oakdale Landbou aangebied word, gewys dat hy vanjaar oor ‘n bulspan beskik. 

Die span van Uitenhage het teen rustyd met 15-13 voorgeloop en kon in die tweede helfte die pas volhou om Diamonds die loef af te steek. Die wenspan se regtervleuel, Jamaine Dampies, het twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak.

Die Brandwag kom Woensdag, 30 Maart 2022 in die hoofwedstryd van die laaste dag teen Lichtenburg te staan. 

Lichtenburg is nog ook onoorwonne in Riversdal en het in sy tweede wedstryd danksy ‘n uitmuntende vertoning deur sy agtsteman, Zandro Coetzee, vir Hugenote van Wellington met 17-0 verslaan.

Coetzee het twee van sy stormramlopies afgerond. Hy het al vanjaar nege drieë in sy span se vyf wedstryde tot dusver gedruk. 

Ondanks die feit dat die Hoërskool Rustenburg sy tweede nederlaag teen Pearson van Port Elizabeth (11-5) op die lyf geloop het, sal hy in die vernaamste voorwedstryd van die laaste dag teen die Hoërskool Strand te staan kom. Strand het sover ‘n goeie week in Riversdal beleef en vir die Hoërskool Upington (35-12) en Oos-Moot (19-12) op die eerste twee dae geklop.

Gino Cupido, buitesenter van Strand, het ook dubbelle driedruk-plesier teen Upington ervaar. 

Brackenfell het self vanjaar sy spiere op die week gebult. Hy het in sy tweede wedstryd vir Potchefstroom Gimnasium met 27-14 verslaan. Die Brakkies se losskakel, Bronstin Agulhas, het 12 van sy span se punte in die sege aangeteken. 

Brackenfell sal op die laaste dag teen Merensky van Tzaneen te staan kom. Die span van Limpopo het ook tot dusver ‘n goeie toer beleef na hy vir Augsburg Gimnasium (29-20) en Overberg van Caledon (34-5) geklop het. 

Pearson is ook nog onoorwonne na hy op die eerste dag oor te veel skietgoed vir Zwartkop (54-0) beskik het. Die span van die Baai kom teen Diamantveld in sy laaste wedstryd te staan. 

Puntemakers: 

Die Brandwag (Uitenhage) 27 (15) – Drieë: Jamaine Dampies (2), Liyema Mtotoyi, Raydon Swartbooi. Doelskoppe: Johan Smalberger (2). Strafdoel: Smalberg. Diamantveld 23 (13) – Drieë: JP Vorster, Ruben Pienaar. Doelskoppe: Wynand Botha (2). Strafdoele: Botha (3). 

Pearson 11 (8) – Drie: Keenan Martin. Strafdoele: Casper Fouché (2). Hoërskool Rustenburg 5 (5) – Drie: Ruben Delport. 

Brackenfell 27 (20) – Drieë: Tanner Prinsloo, Bronstin Agulhas, Raiden Rodney, Desmondo Bodkin. Doelskoppe: Agulhas (2). Strafdoel: Agulhas. Potchefstroom Gimnasium 14 (0) – Drieë: Bernard Kock, Etienne Erasmus. Doelskoppe: Kea Nduweni (2). 

Hoërskool Strand 35 (14) – Drieë: Gino Cupido (2), Jayden Bester, Tiaan Absolom, Tashreeq Moller. Doelskoppe: Bester (5). Hoërskool Upington 12 (5) – Drieë: Em;yhn Jacobs, MacNeill Hendricks. Doelskop: Shaldon Cloete. 

Merensky 34 (22) – Drieë: Philip Ludick, Carl Dohse, Janco Grobler, Clifford Ledwaba, Niël van Vuuren. Doelskoppe: Dohse, Grobler, Ledwaba. Strafdoel: Reese Coetzee. Overberg 5 (0) – Drie: Ryan Louis. 

Hermanus 19 (7) – Drieë: Ethan Gillion, Malcolm Theunissen, Robbie Louw. Doelskoppe: Robert Nutt (2). Kempton Park 12 (12) – Drieë: Sarel Erasmus, Henco Potgieter. Doelskop: Potgieter. 

Oos-Moot 13 (5) – Drieë: Regardt Jordaan, Braam Bezuidenhout. Strafdoel: Carlo Janse van Rensburg. Swartland 12 (5) – Drieë: Chivonne Parker, Romeal Swartz. Doelskop: Swartz.

Hoërskool Vryburg 32 (10) – Drieë: Leon Kgatlane (2), Marnus Bosch, Solly Makoka, Maleho Motlanke. Doelskoppe: Hanco Halgryn, HJ Kruger. Strafdoel: Halgryn. Parel Vallei 14 (7) – Drieë: Jaden Daniëls (2). Doelskoppe: Hiram Cassiem (2). 

Sentraal 19 (14) – Drieë: Hein Champion, GF Linde, Jaydon Botes. Doelskoppe: André Buys (2). Robertson 17 (7) – Drieë: Mullan Burger, Craig Rossouw, Kyle Seconds. Doelskop: Bernardo Diedericks. 

Langenhoven Gimnasium 24 (24) – Drieë: Nataniel Fielies, Vaughan Ruiters, Dawid Smuts, Kamwa Qusheka. Doelskoppe: Smuts, Qusheka. Zwartkop 12 (0) – Drieë: Devon Stelling, SJ Bezuidenhout. Doelskop: Dwayne Zeeland. 

Ellisras 17 (0) – Drieë: RC Beetge, Koketso Ledwada, Andries de Bruin. Doelskop: Gerdro Grobler. Bredasdorp 15 (7) – Drieë: Brian Vermeulen, Naide April. Doelskop: Vermeulen. Strafdoel: Vermeulen. 

Lichtenburg 17 (0) – Drieë: Zandro Coetzee (2), Rudie Botha. Doelskop: Erich Snyman. Hugenote (Wellington) 0

Landboudal 15 (10) – Drieë: Loffie Ackerman, Vuyani Moore, Jan-Louis Nel. Graaff-Reinet Volkskool 7 (7) – Drie: Charlton Jooste. Doelskop: Elrico Prins. 

Augsburg Gimnasium 22 (17) – Drieë: Evan Nel, Nathan Burger, Yudin Marcus. Doelskoppe: Jean Swart (2). Strafdoel: Swart. Jeugland 10 (7) – Drie: Shilubane Orgopotse. Doelskop: Jacques du Plessis. Strafdoel: Du Plessis. 

Westering 25 (8) – Drieë: Latita Sokutu, Hlumelo Febana, Cody Pienaar, Ntando Mpambani. Doelskop: Calin Young. Strafdoel: Young. Hoërskool Oudtshoorn 19 (0) – Drieë: Liam Gertse, Delaud Baartman, Sachin Wagenaar. Doelskoppe: Kaleb Olieslager (2). 

Hoërskool Alberton 23 (10) – Drieë: Luan van Tonder (2), Marco van Staden. Doelskop: Arnu Lewis. Strafdoele: Lewis (2). Vredendal 12 (0) – Drieë: Vincent Cloete, Tumi Pholoana. Doelskop: Jo-Haden Abrahams. 

Montagu 29 (22) – Drieë: JR Eyberg, Juan Venter, Junior Pearson, Beon Hartnick. Doelskoppe: Eyberg, Hartnick, Venter. Strafdoel: Hartnick. Oosterlig 5 (0) – Drie: Mariques Pretorius.

[powr-comments id=”b5fcf57d_1648625326147″]

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!