Thursday, August 18, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Daar is ‘n Virsekerbeker in 2021, maar geen trofees en geen georganiseerde ligas

By Hannes Nienaber , in News , at 5 August 2021 Tags: , , , , , , , , ,

VirsekerBekerlogoDaar sal vanjaar wedstryde onder die Virsekerbeker-vaandel plaasvind, maar daar sal geen gestruktureerde liga wees of enige trofees op die spel wees nie.

Die bestuur van die Noordvaal Skolerugby-vereniging (NVSRV) onder voorsitterskap van Dr. Jorrie Jordaan (Hoërskool Alberton) het Woensdag by Midstream College vergader om die pad vorentoe vir die hervatting van die 2021-seisoen uit te lê.

Die kompetisie sou in 2020 sy 100ste bestaansjaar gevier het, maar dié feesvieringe moes vanjaar vir ‘n tweede agtereenvolgende seisoen weens die Coronavirus-pandemie uitgestel word. 

Skole sal vir die hervatting van die seisoen wat op 21 Augustus sal afskop self wedstryde onder mekaar moet reël. Die kragmetings sal onder die Virsekerbeker plaasvind.

Skole sal ook onder mekaar moet ooreenkom watter ouderdomsgroepe in die wedstryde in aksie sal wees. Skole kan dus onder mekaar besluit of hulle spanne mekaar in die ouderdomsgroepe (o.15, o.16 en o.17) of (o.14, o.15, o.16, o.19) die stryd sal aansê. 

In die Paarl is die drie skole Paarl Gimnasium, Hoër Jongenskool Paarl en die Hoër Meisieskool Paarl nog in gesprek met mekaar oor die aanbied van die grootste interskole ter wêreld, die Paarlse Interskole. 

Willem Erwee, hoof van bemarking by Boishaai, het bevestig dat die skole nog in gesprekke is. 

[powr-comments id=”627faf21_1628149864177″]

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!