Na 'n gedwonge breuk van twee jaar weens die Corona-virus pandemie kan skolerugby liefhebbers en spelers in die sentrale streek weer in 2022 uitsien na strawwe kompetisie in die Wesgrow-reeks.
Die verdedigende kampioen, Voortrekker van Bethlehem, is saam met sy aartsvyand vanuit die Riemland, Witteberg, Goudveld-Hoërskool en Fichardtpark van Bloemfontein vir sy groepwedstryde geloot.
Die Trekkers het die Hoërskool Noord-Kaap in die laaste eindstryd asook Wesgrow wedstryd in...