Pukke Prestige

  • Bepalings vir NWU Prestige-reeks vir 2022 bekend gemaak

    NWUPrestigeSeriesLogo School of Rugby | Pukke Prestige - School of RugbyNa twee jaar se wag kan die twee nuwelinge in die NWU Prestige-reeks, die Hoërskool Rustenburg en Oos-Moot, dalk uiteindelik in 2022 hul eerste verskyning in die kompetisie maak.

    Die twee skole was die nuwe gesigte vir die 2020-weergawe van die kompetisie, maar het weens die Coronavirus-pandemie nog nie 'n enkele wedstryd in die kompetisie gespeel nie.

    Die Rusties sou waarskynlik vanjaar een van die aanspraakmakers op die titel gewees het. Die Hoërskool Rustenburg vier volgende jaar sy...

  • Twee nuwe gesigte in vanjaar se NWU Prestige-reeks

    PrestigeLogo School of Rugby | Pukke Prestige - School of RugbyDie kampioen van die Pukke Prestige-reeks, die Hoërskool Noordheuwel van Krugersdorp, sal sy aanslag op vanjaar se titel teen Potchefstroom Volkskool weg van die huis afskop. Die Nories het Wesvalia van Klerksdorp verlede jaar in die eindstryd van die reeks met 22-3 die loef afgesteek.

    Die span van Krugersdorp sal teen Jeugland van Kempton Park en die Hoërskool Rustenburg in sy ander twee groepwedstryde te staan kom. Die Rusties is een van die twee nuwe gesigte wat vanjaar aan die reeks...