Daar kan geen twyfel bestaan dat die suiwerste vlak van rugby in Suid-Afrika dié voetbôl op skolevlak is nie.
Buiten die feit dat rugby sy ontstaan in Suid-Afrika grootliks te danke aan skole het, lok die spel op skoolvlak meer toeskouers as Curriebeker- of SuperRugby-wedstryde op 'n weeklikse basis. Die spel wat op skoolvlak opgedis word is ook nog suiwer, met heelwat minder beklemtoning op verdediging en spelpatrone.
Op skoolvlak is daar nie 'n suiwerder toernooi as die...