Bepalings van die Virsekerbeker Skild-afdeling vir 2020
Die Hoërskool Hugenote van Springs sal sy aanslag in vanjaar se Noordvaal Virsekerbeker se Skild-afdeling weg van die huis teen Lichtenburg afskop. Hugenote het verlede jaar die eerste keer in 32 daarin geslaag om as kampioen van Noordvaal-reeks gekroon te word. Hugenote het die Hoërskool Middelburg met 57-34 in verlede jaar se eindstryd verslaan om die lang wendroogte te verbreek.
Die skool van Springs se eerstespan het in 1987 vir FH Odendaal in die Direkteurstrofee se eindstryd met 18-14 verslaan. Die gewese Bok-haker Chris Rossouw het Hugenote vanaf agtsteman af op daardie dag aangevoer. Die Springbok-legende Joost van der Westhuizen het die oond vir FH Odendaal skoon gemaak. Nog een van die helde van 1995 Japie Mulder het die wedstryd weens ‘n blindedermoperasie misgeloop.
Eldoraigne van Centurion is die skool wat gerelegeer is vanaf die Plaat-afdeling en die Groen Drake sal gewis ‘n sterk aanspraakmaker op vanjaar se titel wees. Eldoraigne se eerstespan was in 2018 die kampioen van die Plaat-kompetisie en het verlede jaar naelskraaps in die eindstryd teen Ben Vorster (36-37) die knie gebuig.
Eldoraigne sal in die openingswedstryd van vanjaar se Skild-afdeling teen Florida in Roodepoort te staan kom.
Die Ligbron Akademie van Ermelo het vanaf Afdeling 2 na die Skild-kompetisie van Afdeling 1 opgeskuif. Die span van Ermelo sal in sy eerste wedstryd tussen die “Groot Honde” teen Florida te staan kom.
Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld):
Saterdag, 2 Mei 2020
Florida vs Eldoraigne
Saterdag, 9 Mei 2020
Eldoraigne vs Oos-Moot
Jeugland vs Heidelberg Volkskool
Lichtenburg vs Hugenote
Ligbron vs Florida
Saterdag, 16 Mei 2020
Oos-Moot vs Hugenote
Heidelberg Volkskool vs Ligbron
Lichtenburg vs Jeugland
Saterdag, 23 Mei 2020
Oos-Moot vs Ligbron
Hugenote vs Heidelberg Volkskool
Jeugland vs Florida
Saterdag, 30 Mei 2020
Hugenote vs Florida
Ligbron vs Lichtenburg
Eldoraigne vs Jeugland
Saterdag, 11 Julie 2020
Oos-Moot vs Lichtenburg
Florida vs Heidelberg Volkskool
Eldoraigne vs Ligbron
Saterdag, 18 Julie 2020
Oos-Moot vs Jeugland
Eldoraigne vs Heidelberg Volkskool
Ligbron vs Hugenote
Florida vs Lichtenburg
Saterdag, 25 Julie 2020
Heidelberg Volkskool vs Oos-Moot
Jeugland vs Hugenote
Lichtenburg vs Eldoraigne
Saterdag, 1 Augustus 2020
Florida vs Oos-Moot
Heidelberg Volkskool vs Lichtenburg
Hugenote vs Eldoraigne
Ligbron vs Jeugland
[powr-comments id=”58f6242b_1578917582693″]
Comments