Saturday, August 13, 2022
All the latest schoolboy rugby news, results and stats


Beeld Noordvaal Trofee Uitslae – 8 Augustus 2015

By Hannes Nienaber , in News , at 11 August 2015

Beeld Noordvaal Trofee Logo 250mmDie makro- én grootskole-afdelings van vanjaar se Beeldtrofee sal nuwe kampioene hê.

Dít volg nadat die Hoërskool Nelspruit se Rhinos (die verdedigende makroskole-kampioen) en die Hoërskool Klerksdorp (grootskole-kampioen) albei gister in die kwarteindronde van die reeks uitgeskakel is.

Nelspruit het in Pretoria met 48-36 teen Garsfontein in die stof gebyt.

Garsies is boonop die enigste span van Pretoria wat in die halfeindronde in aksie sal wees. Hulle was verlede jaar die naaswenner.

Dit volg nadat Eldoraigne, Menlopark en Waterkloof almal op hul tuisvelde vasgeval het.

Monument van Krugersdorp moes hard werk om Eldoraigne met 26-24 tot oorgawe te dwing. Monnas se slot Ruan Vermaak was uitstekend en het in die vastelos gewoel.

EG Jansen van Boksburg moes ook sweet om Waterkloof met 26-22 uit te skakel.

Die span van Boksburg sal in die halfeindronde teen die HTS Middelburg se Rooi Bulle te staan kom. Die Rooi Bulle het hul plek in die halfeindronde met ’n sege van 33-18 oor Menlopark bespreek.

■ Ook Klerksdorp (KHS) het in die hoofstad sy rieme teen Oos-Moot styfgeloop.

Oos-Moot sal nou in sy halfeind met Helpmekaar-kollege swaarde kruis.

Die Johannesburgers het op hul beurt die Hoërskool Pietersburg in Polokwane met 32-20 kafgedraf om hul plek tussen die laaste vier te bespreek.

■ Ben Vorster van Tzaneen sal vanjaar nie maklik op sy tuisveld getroef word nie. Hy het die Leeus se kampioen, Randburg, met 48-25 geklop. Potchefstroom Gimnasium is die volgende span wat sal probeer om hom te stuit, nadat Gimmies vir Heidelberg Volkskool met 27-23 in die kwarteindronde uitgeskakel het.

■ In die afdeling vir me­diumskole het die verdedigende kampioen en die oorweldigende gunsteling, die Hoërskool Vryburg, byna slae gekry.

Die span het in Brakpan met 10-10 teen Stoffberg gelykop gespeel en het tot die volgende ronde deurgedring omdat hy die eerste drie in dié kragmeting gedruk het.

Vryburg sal vir die halfeind na Potgietersrus moet reis, waar Piet Potgieter wag. Potties het Trinityhouse met 37-25 verslaan.

■ Ben Viljoen was in ’n taai stryd teen Brandwag van Benoni met 22-17 baas. Hy sal in die halfeindronde met Midstream College te doen kry.

Al die uitslae:

Makro 1ste Monument 26 Eldoraigne 24
Makro 1ste Garsfontein 48 Nelspruit 36
Makro 1ste HTS Middelburg 33 Menlopark 18
Makro 1ste EG Jansen 26 Waterkloof 22
Makro o.16 Waterkloof 48 Nelspruit 10
Makro o.16 Garsfontein 33 HTS Middelburg 19
Makro o.16 EG Jansen 35 Menlopark 22
Makro o.16 Monument 22 Eldoraigne  18
Makro o.15 Monument 21 Kemptonpark 0
Makro o.15 Menlopark 22 Hoerskool Middelburg 10
Makro o.15 Garsfontein 15 Rustenburg 12
Makro o.15 Noordheuwel 15 Nelspruit 14
Makro o.14 Menlopark 59 Nelspruit 0
Makro o.14 Waterkloof 24 HTS Middelburg 5
Makro o.14 EG Jansen 18 Garsfontein 7
Makro o.14 Monument 53 Kemptonpark 3
Groot 1ste Oos-Moot 18 Klerksdorp 14
Groot  1ste Helpmekaar 32 Pietersburg 20
Groot  1ste Potchefstroom Gimnasium 27 Heidelberg Volkskool 23
Groot  1ste Ben Vorster 48 Randburg 25
Groot o.16 Helpmekaar 47 Pietersburg 5
Groot o.16 Ben Vorster 82 Jan Viljoen 7
Groot o.16 Oos-Moot 34 Klerksdorp 0
Groot o.16        
Groot o.15 Linden 12 Frikkie Meyer 10
Groot o.15 Helpmekaar 21 Ben Vorster 15
Groot o.15 Oos-Moot 16 Potchefstroom Gimnasium 7
Groot  o.15 Potchefstroom Volkskool 27 Transvalia 24
Groot  o.14 Klerksdorp      
Groot o.14 Oos-Moot 24 Generaal Hertzog 20
Groot o.14 Ben Vorster 31 Randburg 22
Groot o.14 Helpmekaar 29 Pietersburg 8
Medium 1ste Vryburg 10* Stoffberg 10
Medium 1ste Midstream College 23 Brits 10
Medium 1ste Ben Viljoen 22 Brandwag (Benoni) 17
Medium 1ste Piet Potgieter 37 Trinityhouse 25
Medium o.16 Hans Strijdom 42 Trinityhouse 10
Medium o.16 Ellisras 17 Bekker 12
Medium o.16 Vryburg 10 Overvaal 8
Medium o.16        
Medium o.15 Piet Potgieter 11 Leeuwenhof 8
Medium o.15 Ellisras 27 Fochville 10
Medium o.15 Brandwag (Benoni) 15 Ben Viljoen 5
Medium o.15        
Medium o.14 Piet Potgieter 43 Brandwag (Benoni) 0
Medium o.14 Nylstroom 26 Fochville 17
Medium o.14        
Medium o.14        
Middel 1ste        
Middel 1ste        
Middel 1ste        
Middel 1ste        
Middel o.16        
Middel o.16        
Middel o.16        
Middel o.16        

Comments


Leave a Reply


error: Content is protected !!