School of Rugby

Nuweland Rugbydag sal met ‘n traan en goeie rugby gegroet word

Western ProvinceDie jaarlikse Nuweland Rugbydag sal vanjaar op 10 Maart op die geskiedkundige Nuweland-stadion vir die heel laaste keer aangebied word. Die besonderse dag is in 2006 op die been gebring deur Theo Kleynhans om aan die skole ‘n geleentheid aan die begin van die seisoen belangrike wedstrydtyd in te kry. 

Wedstryde op die dag word in twee helftes van slegs 20 minute beslis en geen stelskoppe word waargeneem nie. 

In die hoofwedstryd van die sal Paarl Gimnasium en Diocesan College (Bishops) mekaar die stryd aansê. Die Gimmies sal vier dae later in Pretoria op Loftus Versfeld tydens Afgri Prestige Rugbydag ook in die hoofwedstryd in aksie wees. Dan kom hulle teen Pretoria Boys’ High te staan. 

Gimmies het verlede jaar onder die voorste skolespanne in Suid-Afrika getel en behoort vanjaar weer onder die voorste vyf spanne in die land te tel. Bishops is bekend vir hulle hardlooprugby en die hoofwedstryd beloof om Nuweland op gepaste wyse te groet.

Die Hoër Jongenskool Paarl sal sy tande teen Rondebosch Boys’ High in die vernaamste voorwedstryd op Nuweland slyp. Paul Roos Gimnasium sal teen Wynberg Boys’ High kragte meet, terwyl Boland Landbou teen SACS te staan sal kom. 

Stellenberg se Jade Brigade sal teen die Hoërskool Bellville sy laaste verstellings voor die seisoen afskop doen. 

Die bepalings: 

20:08 – Paarl Gimnasium vs Diocesan College
19:22 – Paarl Boys’ High vs Rondebosch Boys’ High
18:36 – Wynberg Boys’ High vs Paul Roos Gimnasium
17:50 – Boland Landbou vs SACS
17:04 – Stellenberg vs Hoërskool Bellville 
16:18 – Brackenfell vs Durbanville
15:32 – Milnerton vs Melkbosstrand
14:46 – SK Walmers vs Busy Bee RFC 
14:00 – Scottsdene vs Gordon High

[powr-comments id=”ce8dbfd9_1582096154901″]

Scroll to Top